Janet Jackson word ma op 50

Janet Jackson (Foto: Facebook)

Janet Jackson (Foto: Facebook)

Die Amerikaanse sangeres Janet Jackson het Dinsdag in die ouderdom van 50 vir die eerste keer ma geword.

Die sangeres, suster van die oorlede sanger Michael Jackson, se man, Wissam Al Manna, het Dinsdag aan Amerikaanse media bevestig dat beide ma en baba gesond is.

Die egpaar se eersteling se naam is Eissa.

Jackson het vir die grootste deel van haar swangerskap uit die kollig gebly, maar het haar in November tot sosiale media gewend om gerugte oor haar gesondheid die nek in te slaan.

“Janet bid al jare lank vir ʼn kind. Sy en Wissam was deeglik bewus van die komplikasies wat kan opduik om ʼn baba op ʼn gevorderde ouderdom te hê, maar sy was baie gesond, versigtig en die dokters het dit goedgekeur. Sy is baie dankbaar dat die geboorte sonder komplikasies was en sien uit daarna om haar kind groot te maak.”

Jackson en Al Manna is in 2012 getroud.

Bron: The Telegraph

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Leonard ·

Met tegnologie is alles moontlik, my vrou Marzanne WAS ook in haar 50 tigs met ons EERSTELING !!

Ouvrou ·

Ek kan nie wag om ‘n foto van kleinding te sien nie. Wonderlike nuus.

Aubrey Vermaak ·

Geluk aan haar maar o hel nee ek sien nie nou weer kans vir pa wees op 50+ nie. Sjoe my kleinkinders van 1-13 jaar put my so uit- fisies en finansieel ???. Om nou snags te moet sukkel met n huilende baba sal my uit mergel. Op ons ouderdom sukkel ons nou al self met gout,pyne en skete van oud word.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.