J&J staak tydelik vervaardiging van entstof

Johnson en Johnson se Covid-19 entstof. (Foto: Patrick T. FALLON / AFP)

Die farmaseutiese reus Johnson & Johnson het tydelik opgehou om hul Covid-19-entstof te vervaardig.

Volgens ʼn verslag wat deur The New York Times gepubliseer is, het die maatskappy verlede jaar stil-stil die enigste aanleg wat dié entstof vervaardig, gesluit. Die aanleg is in die Nederlandse stad Leiden geleë en word nou eerder gebruik om eksperimentele entstowwe wat teen ʼn ander virus beskerming moet bied, te vervaardig.

Die aanleg word egter net tydelik gesluit en J&J voer aan dat dit nie die verskaffing van Covid-19-entstofdosisse aan ontwikkelende lande sal raak nie, aangesien hulle baie entstofdosisse in voorraad het. Veral armer lande maak staat op dié entstof, wat net een dosis benodig. Dit is ook reeds bekend dat die maatskappy ver agter is om entstofdosisse wat aan Afrika-lande belowe is, te lewer.

J&J het in ʼn e-pos aan die nuuskanaal CBS gesê hulle het tans miljoene dosisse van die entstof in voorraad en sal aanhou om hul kontraktuele verpligtinge aan armer lande na te kom. Die maatskappy het egter nie kommentaar gelewer oor die sluiting van hul aanleg of wanneer dit weer sal oopmaak nie.

Een van die mense wat met die besluit vertroud is, het aan The New York Times gesê dié besluit kan die verskaffer se voorraad Covid-19-entstofdosisse ʼn ernstige knou gee. Die Afrika‑unie en Covax, vir wie J&J albei groot hoeveelhede entstof beloof het, was ook nie eens bewus van die aanleg se sluiting nie en moes dit by joernaliste van The New York Times hoor.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

21 Kommentare

Pieter ·

Ek wonder watse virus wil hulle nou op ons loslaat, as hulle nou al enstowwe wil verwaardig?

Anel ·

Hoe meer dae hoe meer leuns!!! Wat dink hulle van ons? Dat ons net halwe breinselle het? Skelms!!!

Di ·

Hulle nou klaar biljoene uit entstof gemaak – nou stop dit sommer! Laat mens wonder, se weer die entstof is net ‘n geldmaak storie

JohanR ·

En almal het gedink J&J is net die ding! Weet J&J miskien iets van Covid-20 en maak reg daarvoor? World goverments – don’t trust one of them!

Johan ·

Die mediese wêreld moet jy ook gladnie vertrou nie hulle funksioneer soos n kartel. Kyk maar hoe gaan die dokters tekere, sadiste wat niks vir mense voel nie.

Marius ·

j&j kan sommer permanent toemaak en al die entstof voorraad in die verlate mynskagte afgooi. Niemand gaan hul en hul entstowwe mis nie.

Mercia ·

Ai george…..wat moet die mense lees voor hulle reageer?
Watter “spin” wil die pro-jabbers nou op hierdie storie sit om die res te oortuig hoe hierdie deel vorm van die “goedhartige” pogings van die “vaccine” vervaardigers?

Danny ·

Dalk omdat hulle dan nie aanspreeklik gehou kan word vir enige afwykings nie…

Sê maar net ·

Watse “ander virus”? Waarmee eksperimenteer hulle noú weer? Ek ruik ‘n rot!!

Martin ·

Soos gewoonlik staan die African Union en NGO’s weer met bak handjies om weereens iets gratis te ontvang vanaf Europa terwyl daar altyd geld is vir gewapende konflik in Afrika… Say no more.

Inez ·

Die waarheid sal wel uitkom.
Die hele wêreld is op sy kop as gevolg van hierdie virus.

Ja, daar is van ons wat nie die spuite gaan neem het nie, en met moeite en lyding die virus oorleef het. Ander met die vax. Baie mense het nie. Laat ons hulle nie vergeet nie.
Hierdie nuus is nie nou meer belangrik nie.
Die skade is klaar gedoen. Vax of nie.

Nou wag en kyk ons …

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.