Joan Rivers oorlede

Joan Rivers in 2010 Foto: David Shankbone (Uit die album Joan Rivers at Musto's 25th Anniversary" Wikimedia Commons

Joan Rivers in 2010 Foto: David Shankbone (Uit die album Joan Rivers at Musto’s 25th Anniversary” Wikimedia Commons

Die bekende komediant en televisiepersoonlikheid Joan Rivers is Donderdag in die ouderdom van 81 oorlede.

Joan se dogter, Melissa Rivers, het in ʼn verklaring gesê haar ma is omstreeks 13:17 tussen haar familie en vriende oorlede. Sy was die afgelope paar dae in die Mount Sinai-hospitaal in New York, Amerika.

Joan was mede-aanbieder van die gewilde E! TV-program, Fashion Police. Sy het sterre en bekendes oor hul kleredrag by glansgeleenthede skertsend gekritiseer.

Sy is op 28 Augustus na die hospitaal gehaas nadat haar hart gaan staan het. Sy was bewusteloos en dokters het haar onder verdowing gehou. Melissa het op 2 September aangekondig haar ma is op lewensondersteunende masjiene geplaas. Sy het gister gesê haar ma is uit die intensiewesorg-eenheid na ʼn privaatkamer geskuif waar sy “gemaklik gehou word”.

Joan het haar loopbaan begin deur ʼn rol in Candid Camera te vertolk teenoor Barbara Streisand.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Hendrik ·

Mmmmmm – miskien kan ‘n paar familielede van Oscar Pistorius en Reeva Steenkamp nou ‘n paar onsmaaklike grappe oor haar dood maak! Onsmaaklike mens!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.