Joe Biden wys verkiesingsmaat aan

Joe Biden en Kamala Harris (Foto: Twitter)

Die Demokratiese presidentskandidaat Joe Biden het Dinsdag senator Kamala Harris as sy verkiesingsmaat aangewys.

Dít volg nadat Biden vroeër vanjaar hom daartoe verbind het om ʼn vrou as visepresident aan te stel, sou hy die Amerikaanse verkiesing later vanjaar wen.

“Sou ek tot president verkies word, sal my administrasie soos die land lyk en ek verbind my daartoe dat ek ʼn vrou sal kies om visepresident te wees,” het die presidentskanditaat gedurende ʼn debat in Maart gesê.

Die 55-jarige Harris, van Indies-Jamaikaanse afkoms, is die enigste swart vrou in die senaat en het nou die kans om die eerste swart en Asiatiese vrouevisepresident in die VSA te wees. Sy was voorheen die prokureur-generaal in Kalifornië.

Kamala Harris. (Foto: AP Photo/John Locher, File)

Nog net twee vroue was al vantevore ʼn kandidaat vir visepresident in ʼn groot Amerikaanse party – die republikein Sarah Palin in 2008 en die demokraat Geraldine Ferraro in 1984. Nie een van dié vroue is egter tot visepresident verkies nie.

Harris en Biden sal pres. Donald Trump en visepresident Mike Pence in November in die verkiesing pak. “Saam met jou gaan ons Trump klop,” het Biden Dinsdag op sosiale media gesê.

Trump, ʼn Republikein, het intussen ook gedurende ʼn mediakonferensie gesê Harris is sy eerste keuse vir visepresident.

Oudpres. Barack Obama het ook Biden se keuse in verkiesingsmaat verwelkom. “Sy is meer as bekwaam vir die werk … Dit is ʼn goeie dag vir ons land.”

Bronne: BBC, CNN, ANA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Hennie ·

Biden kan bly wes sy hart klop! Hy sal nooit ooit vir President Trump klop nie! Huis herfsblaar vir jou, Sleepy Joe!

JohanR ·

Soe die nuwe President van die VSA gaan dan ‘n vrou wees, want Joe Biden gaan nie lank hou nie. Die ou kan nie eers meer ‘n sin by mekaar sit nie, en sloer sy worde.

Grassie ·

Ek kan nie glo dat die Yanks vir ‘n man soos Biden kan stem nie. Hy is duidelik nie presidentsmateriaal nie, dit lyk vir my of hy halfpad seniel is en ook nie al sy varkies bymekaar het nie. Ek glo die verkiesing gaan bloot ‘n pro-Trump of anti-Trump stryd wees. Die liberales het so ‘n wrewelige haat vir Trompie dat hulle enige Jan Rap bo hom sal verduur. Hulle gaan hulself in die voet skiet – as ‘n mens na die huidige wêreldtoestande kyk gaan die magtige Amerika ‘n sterk leier nodig hê.

Jakes ·

Wat n siek grap. Donald Trump sal weer loshande die verkiesing wen. Geen vrou sal Amerika regeer nie, die Amerikaanse kiesers is beter ingelig as om so n fout te begaan.

Simon ·

Van Indies-Jamaikaanse afkoms, is nie swart nie. Hulle is Asiate. Afrika Suid van die Sahara, is swart. Of is daar deesdae net twee absolute rasse, swart en wit?

Aai ·

Glo my ek was al baie in Amerika Biden het nou sy eie keel gesny om haar aan te stel die Amerikaners sal dit nooit toelaat.Sal ‘n glasie skink om Pres Trump.

Johan ·

MCH -Kry nog ‘n glas ek wil saam drink.
Simon- Hoe word “black” deesdae geklassifiseer ? Dalk ‘n whiter shade of pale of moet dit black wees?

annie ·

‘n Groot drama wag, Die demokrate speel met Biden om hul eintlike kandidaat op die troon te kry. Die kans is goed dat Biden, sou hy verkies word, selfs tydens sy intree-toespraak ineen kan stort en Harris dadelik oorvat. En dan is die duiwel los.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.