Joe Cocker verloor kankerstryd

‘n Video van Joe Cocker se weergawe van A Little Help From My Friends volg onderaan die berig.

Joe Cocker. Foto: Facebook

Joe Cocker. Foto: Facebook

Die blues- en rocksanger Joe Cocker is in die ouderdom van 70 jaar oorlede.

Die nuus is op Cocker se Facebook-blad aangekondig. “John Robert Cocker is op 22 Desember oorlede na lang stryd teen longkanker.”

“Joe Cocker is ‘n legendariese rock-en-blues-kunstenaar maar tog was hy een van die mees nederigste mans wat ek ooit ontmoet het. Sy ikoniese stem sal vir ewig in ons herinneringe geëts wees en ons gedagtes gaan uit na Joe se vrou Pam en sy familie in hierdie moeilike tyd. Joe sal voortleef in die harte van miljoene ondersteuners regoor die wêreld,” het Edgar Berger, voorsitter en uitvoerende hoof van Sony Music Entertainment International, gesê.

Cocker is op 20 Mei 1944 in Sheffield, Engeland gebore. Hy het bekendheid verwerf vir sy weergawes van die Beatles se A Little Help From My Friends en Billy Preston se You Are so Beautiful. Hy sal ook onthou word vir Up Where We Belong, sy duet saam met Jennifer Warnes, en Unchain My Heart.

Cocker word oorleef deur sy vrou, Pam, broer, stiefdogter en twee kleinkinders.

http://youtu.be/bbMyksobL-U

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.