John McCain sterf

John McCain en sy vrou Cindy in 2008. Foto: AP Photo/Charles Dharapak

Amerika se veteraan-politikus, John McCain, is in die ouderdom van 81 oorlede.

Volgens berigte is McCain Saterdag in Arizona aan ʼn aggressiewe vorm van breinkanker dood. Hy het in Julie 2017 aangekondig dat kanker by hom gediagnoseer is. Sy familie het Vrydag aangekondig dat hy enige verdere behandeling gestaak het.

McCain was in 2008 die Republikeine se presidentskandidaat, en het die staat Arizona meer as 30 jaar in die Senaat verteenwoordig. Hy is onder meer tydens die Viëtnam-oorlog as krygsgevangene geneem en vir bykans vyf jaar aangehou.

Verskeie internasionale leiers en voormalige Amerikaanse presidente het sedert die nuus van McCain se afsterwe hulde aan hom gebring.

Die VSA-president, Donald Trump, het op Twitter sy innige meegevoel aan die familie van McCain betuig. “Ons harte en gebede is met julle,” het Trump geskryf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

8 Kommentare

Jannie ·

Natuurlik word dit toegelaat! Het jy al ooit van vryheid van spraak gehoor? Of wil jy daarmee M M intimideer of laat skuldig voel?

IK ·

Wat probeer Adriaan sê, Jannie? Waar kom hy aan ‘slagoffers’? Waarom juis nou met sy afsterwe aan breinkanker by die tipe van kommentaar uitkom? Julle tweetjies besef nie wat breinkanker is, dus weerhou hierdie soort kommentaar. Ek het verskeie kommentare gestuur aan MM en hierdie is die enigste wat geplaas word. Noem jy dit ‘vryheid van spraak’?

Jannie ·

IK…..as jy beter ingelig was, sou jy LANKAL reeds geweet het van sy leuens en verraad tydens daardie oorlog!!! Hy was nie ‘n held nie!!! Dit is niks nuut nie en kom nie nou errs aan die lig nie!!
Soos hulle in Engels sê: BE INFORMED, RATHER THAN JUST OPINIONATED!!

IK ·

Waarom wag tot hy dood is? Julle werk soos die Bird-eiland storie.

BBBIDL ·

RIV John McCain

Amerikaanse patriot wat die beste vir sy land gegee het.

In wêreldpolitiek is dit baie maklik om te vinnig oordeel oor ‘n persoon te vel. Ek glo hy het moeilike besluite gehad om te maak in sy lewe.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.