Die Nieu-Seelandse rugbylegende Jonah Lomu is in die ouderdom van 40 oorlede.
Lomu, wat tussen 1994 en 2002 altesaam 43 drieë in 73 wedstryde vir Nieu-Seeland gedruk het, is met ʼn seldsame en ernstige niertoestand gediagnoseer. Hy moes noodgedwonge uit rugby onttrek en het in 2004 ʼn nieroorplanting gehad. Die orgaan het egter in 2011 nie meer gewerk nie.
John Mayhew, woordvoerder vir die familie, het aan die uitsaaier in Nieu-Seeland gesê Lomu se afsterwe is “heeltemal onverwags”. Hy het Dinsdag eers van Dubai na Auckland teruggekeer ná ‘n reis na die Verenigde Koninkryk waar hy die Rugby Wêreldbeker gaan kyk het.
Lomu het in Augustus tydens ʼn onderhoud met Daily Mail gesê hy is op dialise en hoop dat hy binnekort ʼn tweede nieroorplanting sou kon kry.
Hy word oorleef deur sy vrou Nadene en twee seuns.
Lees ook: Dís hoe ek Jonah Lomu sal onthou
Suid-Afrikaners onthou Lomu vir die vrees wat hy ingeboesem het voor die 1995 wêreldbeker, vóór Joost van der Westhuizen hom geduik het. Sien ʼn video van dié duikslag:
#RIPJonah pic.twitter.com/b72VujMNUG
— All Blacks (@AllBlacks) November 18, 2015
I am so, so devastated to hear of the passing away of @JONAHTALILOMU The greatest superstar and just a fabulous human being. Deeply saddened
— Jonny Wilkinson (@JonnyWilkinson) November 18, 2015
RIP Jonah!!
Dit was baie hartseer om te verneem”” Jonah was n ongelooflikke goeie rugby speler…. hy was soos n luiperd op die rugbyveld””niemand kon hom keer as hy in beheer van die bal was…. RIP Jonah Lomu…… Daar was net een van jou””
Behalwe Joost van der Westhuizen :)
Miskien is dit omdat sulke persone se afsterwe voorblaaie haal, maar het iemand al opgelet hoeveel sportmanne en -vroue sterf op relatief jong ouderdom as gevolg van die vreemdste mediese kondisies? Kan dit die gevolg wees van die gebruik al die sintetiese hulpmiddels wat hierdie atlete gedrink het en wat veronderstel was om optimale prestasie moontlik te maak?
Patetiese kommentaar.
Ek Stem saam Patetiese Kommentaar…. RERIG?
RIV gedugte en trotse vyand. Jou afwesigheid los ‘n leemte.
RIP Jonah
RIP. Ai nog so jonk.
Wat die aangehegde video weereens bevestig is dat Joost van der Westhuizen die hart van ‘n leeu gehad het. Om ‘Jonah the Giant’ so te kon duik was dapper en toegewyd. Jonah was ‘n superster. Joost was ‘n held.
Dis werklik ‘n skok vir my gewees, wat ‘n fantastiese rugby speler was hy nie! Ek is ook ‘n groot ondersteuner vd All Blacks. Jy sal gemis word Jonah. RIP.
RIP Jonah. Nou is jy weer perd fris en gesond. Jy was n legende gewees.
Jonah was n paar maande gelede in SA om die 20 jaar 95 Wereldbeker herdenking reunie bytewoon. En hy het n uut langr documentaar gemaak waar hy die bok legendes weer ontmoet. Maar dit was opvallend dat hy eintlik besig was om almal te groet. Hy het ooj vir Joost faan kuier . Dit was baie emosieneel gewees.
Wonderlike sportman, daar was net een van sy soort in die wêreld. Almal gaan jou mis Jomo!
Dit is erg.Die genoemde dokumenter het my dinge nogal anders laat sien. Jonah,lekker rus ou grote!
Rus in vrede. Sal jou altyd onthou as ,n goeie sportman
Hy het so te se 1995 wereldbeker oorheers alhoewel die bokke met passie en trots gewen het was dit hy wat altyd in alle koerante was