Jong ma se skok-video maak opslae

'n Skermskoot uit die video.

‘n Skermskoot uit die video.

ʼn Jong ma van Ierland het sosiale media aan die gons nadat sy ʼn skokkende video op Facebook gedeel het waar sy met ʼn blou oog wys dat sy die slagoffer van huishoudelike geweld is.

The Sydney Morning Herald het berig Emma Murphy (26), ʼn gesondheid- en fiksheidskenner, het Maandag die video opgelaai waarin haar gekneusde oog duidelik gesien kan word. In die video beweer sy haar lewensmaat van die afgelope drie en ʼn half jaar het haar verlede week geslaan toe sy hom oor sy ontrouheid gekonfronteer het.

Nadat Murphy die video op Facebook gedeel het, is dit reeds meer as ses miljoen keer gekyk en meer as 100 000 keer gedeel.

“Ek het lank en hard oorweeg of ek hierdie video moet deel. Ek het uiteindelik besluit, ja, ek moet. Vir my en my kinders. Ek moet bewusmaking by alle ander vroue skep,” het sy gesê.

Duisende slagoffers van huishoudelike geweld het op haar video kommentaar gelewer en gesê dit het hulle die moed gegee om oor hul eie ervarings te praat of dit aan te meld.

Murphy het gehuil toe sy vertel hoe sy die vorige jaar in vroeë kraam gegaan het weens stres nadat sy uitgevind het haar lewensmaat is ontrou en ʼn ander vrou swanger gemaak het. Sy het hom vergewe, maar onlangs uitgevind hy het haar weer verkul.

Sy het ander vroue aangemoedig om uit gewelddadige verhoudings pad te gee,veral wanneer kinders betrokke is.

Volgens The Sydney Morning Herald het Moo Baulch, hoof van Domestic Violence NSW, gesê Murphy se video was deel van ʼn ongelooflike beweging deur vroue wat hul stories vertel en soms onwetend ʼn inspirasie vir ander word.

Kyk Murphy se opspraakwekkende video hier:

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Peet Schabort ·

Nou moet julle my reghelp indien ek fouteer. Soverre ek weet is daar plekke van beskerming vir kinders en ongehude moeders maar nêrens waarheen ‘n vrou kan vlug indien sy deur haar man mishandel word. Dit glo ek gee ook aanleiding om maar uit te hou en dan natuurlik die dreigemente van nóg meer straf in die vorm van liggaamlike aanranding wat tot die dood kan insluit. Gewoonlik word die kinders ook ingesluit in hierdie afdreigings.
Dit kan net uiters traumaties wees om op hierdie manier te leef en vasgevang te wees.

Rina van den Heever ·

Peet, dink bietjie daaroor. Waar is hierdie plek waarheen n vrou moet gaan . Bestaan dit werklik?

SNEL ·

Rina, Peet sê juis dat daar glad nie so plek bestaan vir vroue wat deur hul mans geslaan word nie, en ek glo sy punt is, dis iets wat na gekyk moet word. In baie gevalle is so vrou ook glad nie eers veilig as sy na familie of vriende toe gaan nie, want dit plaas nie net vir haar, maar ook vir hulle in die spervuur en soms verloor so man kop en dan loop die familie en vriende ook deur. Ek dink dis n vreeslike senutergende situasie om in te wees en makliker om te sê pak jou goed, want party mans sal veg tot die dood toe….as hy jou nie kan kry as slaansak nie, kan niemand jou kry nie, al wil jy ook net alleen wees. Sterkte vir almal in sulke situasie, geen vrou verdien om so behandel te word en kinders om dit te sien nie.

Olivia ·

@Peet die plekke van veiligheid vir ma’s en kinders is gewoonlik is informele areas (Soweto ens). Daar is nie in die stede nie. As iemand wat wat verstaan waarvan hierdie vrou praat kan ek eerlik sê SA en baie ander lande se sisteme is van so aard dat die polisie ons nie help nie en ook nie die huise nie. Internasionaal is daar egter meer plekke as lokaal. Ongelukkig is die plekke in SA nie toegerus nie en kry die mishandelaar steeds toegang tot jou en jou kinders en dreigemente van hy sal jou en die kinders doodmaak laat jou bly. Die polisie is van geen hulp nie aangesien hulle slegs die persoon bel en se hou op. Ek was daar.

Canned Phantom ·

In haar jonger dae het my Moeder ook so ‘n bietjie welsyn werk onder die mishandelde vroue gedoen. Die een vroutjie het die een oggend vreeslik sleg gelyk van al die mishandeling. My Moeder was so ontstoke sy sê toe vir die vroutjie dat as my Vader haar so sou slaan sy sou wag tot hy slaap en hom dan met pan slaan. Ongelukkig (Gelukkig) het sy dit as ‘n opdrag gehoor, die nag slaan sy hom met ‘n pan, ongelukkig vir hom ‘n gietyster pan. Na hy terug was van twee dae in die hospitaal het hy nooit weer sy hande vir haar gelig nie. Die Polisie het verstaan en ‘n saak van selfverdediging ondersoek. So pasop “sterk”menere, een van julle gaan dalk vanaand ‘n verassing kry…

Debs ·

Daar is net een uitweg …. gee pad tel jou lewe op …. trane is dan te laat. Dit geld dieselfde vir ’emosional abuse”. Daar is genoeg familie en vriende wat jou sal help om uit so situasie te kom. Jy kan… daar is nie ‘n ding soos ‘ek kan nie’ dink aan jou kinders en dink aan jouself.

Dalleentjie ·

Ivm ’emotional abuse’. Daar is nie altyd so baie vriende en familie nie. Want voor ander mense is die persoon wonderlik, oulik en tog te behulpsaam. En mense kan nie uitgepraat raak oor sy goeie maniere nie. Maar agter toe deure – is dit ‘n totale ander prentjie! En as jy dan uitpraat hoe dit by die huis gaan – dat staan daardie einste familie en vriende verstom en dink jy maak storietjies op. (Maar ek praat nie hier van my man nie, maar van iemand wat ‘n hele ruk by ons ingewoon het en darem nou die trekpad gevat het.)

Anon ·

Iemand wat ek ken was ook deur haar geliefde geslaan. Elke keer het sy hom vergewe en elke keer was dit ‘n bietjie erger. Hy het op ‘n stadium begin om haar aan die keel te gryp. Die laaste keer het hy haar voorarm op twee plekke gebreek toe hy vir haar gesig gemik het met sy vuis en sy met haar arm gekeer het. Hoe hard moes hy nie geslaan het nie? Dink net as dit haar gesig was. Ons het toe hof toe gegaan en ‘n interdik gekry en ook ‘n saak teen hom gemaak by die polisie. Hy het gelukkig tronk toe gegaan, maar ook nie lank nie, toe is hy vrygelaat. Hoe ontsnap ‘n vrou van so iets? Wie sê hy gaan nie terugkom vir wraak nie?

Nog 'n Statistiek ·

Ek was ‘n bitter jong meisie met ‘n ouer man getroud en hy’t my gereeld as sy boks sak ingespan my 1ste kindjie is doodgebore agv daarvan en dis eers toe my 2de babatjie gebore is en hy my weer so geslaan het dat ek besef het ek kan nie meer so aan piekel nie. Ek het hom bietjie van sy eie medisyne terugbetaal met ‘n mop en toe baie kalm vir my en my kindjie ‘n tas gepak en na my Ma toe geloop. Vandag is ek gelukkig getroud met ‘n goeie man en ek het nog nooit terug gekyk nie. Daar is hoop maar jy moet bereid wees om die 1ste tree self te neem.

Peet Schabort ·

Ek weet van ‘n geval waar ‘n vrou die nag gevlug het en gaan wegkruip in die tuin van mense wat sy geken het. Sy het die res van die nag daar deurgebring.
Sou dit moontlik wees as vreemdelinge om só iemand te beskerm waar die man nie van weet ?
Moeilik om te sê. Dalk loop so ‘n vrou haar vas in die bek van ‘n ander leeu. Laat ons maar eerlik wees ook oor dit.

Petro ·

Ek so 7 jaar terug n slagoffer van so iets en glo my ek was een van daai vrouens wat altyd die verskoning gebruik het waar gaan ek heen maar dit was meer n saak van ekt gehoop more verander hy en gedink eks baie lief vir hom sy ma het altyd vir my gese ekt jou gese moenie dit verkeerd doen nie dan gaan hy nie kop verloor nie in elk geval ekt al in die middel van die winter in n show case geslaap buitekant en ek was swanger op daai stadium ekt een aand net gesit en dit was asof n tweede persoon met my gepraat het en vir my gese as jy nou nog een aand hier staan vir dit is jy nie lief vir jou ongebore baba nie en dat jy selfsugtig is en die abuse geniet ekt besef dis nou of dis nooit ekt my pa gebel die volgende oggend van sy ouma se foon af aangesien my foon gereeld stukkend gegooi is of ek aangerand is met die foon en my pa het my daar kom red uit daai walglike omstandighede ekt op daai stadium net 35kg geweeg want ek was deur hom forseer om nog bja meer gewig te verloor en niks make up te dra of my hare los te dra nie. Vandag is ek getroud al amper 6 jaar met n wonderlike man en ons het 2 kinders saam en ek se dankie Liewe Heer dat daar nog goeie mans in die wereld is veral n man soos myne. My hele punt omtrent die storie is dat daars altyd hoop en jy wat as mens deur daai mishandeling gaan hou op om te hoop hy gaan verander want glo my hul doen nie en GOD het altyd iets beter wat vir jou wag voorentoe maar jy druk die hek toe en GOD kan dit nie vir jou gee as jy hom nie toelaat of die hek vir hom oopmaak nie!!!

Peet Schabort ·

Dis so waar Petro, ook as hy drink kan jy maar vergeet om hom ‘reg te kry’ ná die troue. Skryf hom af en vergeet van hom want as jul eers ‘n kind het is jy nooit van hom en sy familie ontslae. Daar gebeur ‘wonderwerke’ dat die man niks wil weet van sy kind maar die dag dat jy byv. oorsee wil gaan het jy sy toestemming nodig. Nou begin jy hom soek en dan is hy leedvermakerig asof hy ooit iets vir SY kind beteken het.
Ek hoop net jongmense lees hier en sê net vir hulleself “dit kan ook met my gebeur”. Ek glo nie ons ouer mense besef wat die egskeidingsyfer is net omdat die liefde blind is.
Die oumense het ‘n sêwyse gehad dat trou kom soos ‘n groot . . . wat ‘n werklikheid is. Ek wil nie lelik wees met die laaste sin maar dit help nie om mooi broodjies te bak. Die ander groot probleem is dat goedbedoelde raad van ouers en familie baie selde help omdat dit as baasspelerig gesien word. As jy nie vir jou opinie gevra word, HOU JOU UIT.

Petro ·

Net sodat daar nie verwarring kom nie eks nie met dieselfde man getroud wat my abuse het nie ekt na hom n engel ontmoet wat my soos n prinsess laat voel my boodskap was bloot net om vrouens wat in so situasie is te laat weet daars n uitweg

Chris Nel ·

het sy nou weer met kinders van die duisternis deurmekaar geraak?

Snel verstaan ·

Snel jy verstaan! Vrou het dalk fout gemaak om met hom te trou, maar nie geweet hy gaan so raak nie! “Familie & Vriende” gee om Maar mens kan nie hul belas hul het self verantwoordelikhede… Al kry mens `n plek waarheen jy kan vlug, kan jy nie al jou kinders saamvat nie (net klein kinders, grotes moet familie toe) en dan het jy so 4-8 weke om jou eie plek & werk te kry Waarheen jy ookal draai, jy sit met daai vrees van wat gaan hy nou doen of sy familie wat nes hy is

Eliza-beth ·

Ek dink tog daar is skuilplekke vir vrouens – het wel al van plekke gelees in die media. Ek dink ookdie Salvation Army mag kan help? Nie seker maar mens behoort uit te vind. Verder kan mens regtig net Google en mens kom op name van plekke af. Google gerus iets soos “shelters for abused women in…dan sit jy Gauteng of dorpnaam in en daar kom regtig ‘n hele paar “hits”. Ek het dit pas gedoen, so daar is regtig hulp. Kerke het gewoonlik ook adresse van sulke plekke – hoop dit help iemand!Vrouens moet onthou so ‘n man verander nie. More is hy so jammer en belowe jou die son, maan en sterre en oormore doen hy dit weer. Ek het saam met so ‘n vrou gewerk en na 12 jaar het sy uiteindelik die lig gesien en hom gelos.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.