Jong man in hegtenis vir moorde: ‘Martel hulle dan sterf hulle stadiger’

Die negejarige kind wat vermoor is (Foto: Daily Mail)

Die negejarige kind wat vermoor is (Foto: Daily Mail)

ʼn 19-jarige man is Donderdag in Duitsland in hegtenis geneem vir die grusame moord op ʼn negejarige seuntjie wat hy glo op video vasgevang en op sosiale media versprei het.

ʼn Landswye soektog is vroeër die week van stapel gestuur nadat die negejarige glo in ʼn skuur in Herne in die noorde van Duitsland ingelok en 56 keer met ʼn mes gesteek is.

Die polisie is omtrent die moord ingelig ná ʼn wenk van ʼn Dark Net-gebruiker, die webwerf waarop die video en foto’s van die moord gedeel is.

Die man wat ʼn reeks foto’s van die voorval op die webwerf gedeel het, het aan ʼn vriend geskryf “mense gaan stadig dood as jy hulle martel”.

Die 19-jarige man het glo later by ʼn wegneemete-restaurant ingestap en aan die personeel gesê om die polisie te bel omdat hy die man is waarna daar gesoek word vir die moord op die negejarige.

Die 19-jarige man wat in hegtenis geneem is het foto's van homself op sosiale media gedeel (Foto: Daily Mail)

Die 19-jarige man wat in hegtenis geneem is het foto’s van homself op sosiale media gedeel (Foto: Daily Mail)

Hy het tydens sy in hegtenisname die polisie ook ingelig omtrent ʼn brandende gebou waarin glo nog een van sy slagoffers vasgekeer was.

Dit het egter later aan die lig gekom dat hy sedert die moord Maandag in dié woonstel geskuil het. Hy het die inwoner van die woonstel ook glo vermoor voordat hy gevlug en toe die woonstel aan die brand gesteek het.

Gegrond op skermskote van die foto’s wat hy aanlyn gedeel het, het hy geen berou getoon oor die moord op die negejarige nie. Hy het ook gesê hy wens hy kon eerder ʼn vrou kry sodat hy haar kon verkrag.

Die familie van die negejarige het intussen gesê hulle hoop hy word lewenslank tronk toe gestuur. “Die beeld in my kop van my stiefseun wat morsdood daar lê met al die meswonde is ʼn beeld wat my altyd sal bybly. Ons hoop hy word swaar gestraf vir dit wat hy gedoen het,” het die seun se stiefpa gesê.

Die man wat gearresteer is staan tereg op twee aanklagte van moord.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Deon ·

Ai…..hoe siek is hierdie wonderlike mooi wêreld nie van ons nie……

Stiaan ·

Dis dinge soos hierdie wat ons wereld nie meer so wonderlik laat lyk nie!

werner ·

Die doodstraf moet wereldwyd heringestel word. Hulle moet uit samelewing verwyder word. Nie 20 jaar in tronk sit uitkom en dit weer doen nie. Hul IS onrehabiliteerbaar. Ook nie lewenslank nie. Daar s geen hoop vir hierdie wereld as ons nie teruggaan na die Bybel nie. Ek verstaan dat die doodstraf in die verkeerde regering se hande in SA groot moeilikheid kan wees, ja. MAAR, met die doodstraf in plek, gaan ons mense nie nodig he om met vuurwapens rond te loop nie. Kyk na lande waar die doodstraf toegepas word. Steel, dan kap hul jou hand af! Maak net n vb. van een en dit stop die res.

ook n moeder ·

Se die Bybel nie dat hoe nader aan die eindtyd, hoe erger sal dit word? Dit word net boser en boser.
My hart bloei vir die pragtige seun- onskuldig, wat dit nie verdien om so te sterf nie.

Libas ·

Dis wat gebeur wanneer liberaal oorvat, moord, verbrokkeling van waardes. Bring goeie ou waardes terug!

Christa ·

Gelukkig word hulle oorsee gevang, behoorlik gevonnis en in die tronk gesmyt!! Hier word hulle vrygelaat en na ‘n paar weke het hulle al weer iemand vermoor!!

Ronel ·

En vrygelaat sonder enige vorm van rehabilitasie en so in die verbyloop met vrylating waord hulle op die rug gepat met ‘n “sien jou weer”

franje van spanje ·

Hoeveel tyd het die verdagte op die internet spandeer?

Amelia ·

Lewenslange trokstraf moet LEWENSLANGE TRONKSTRAF wees….

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.