Jong man sterf jare ná hy slak insluk

Sam Ballard

ʼn Jong Australiese rugbyspeler wat in ʼn koma verval het en ʼn kwadrupleeg was nadat hy ʼn slak ingesluk het, is oorlede.

Australiese media berig Sam Ballard was 19 jaar oud toe hy in 2010 tydens ʼn kuier saam met vriende in Sydney die slak ingesluk het.

ʼn Vriend van Ballard, Jimmy Glavin, het vroeër vanjaar aan Channel Ten gesê die vriende het net gesit en kuier toe hulle die slak gesien het. Hulle het glo gesels oor of iemand die slak moet eet waarna Ballard die slak opgetel en ingesluk het.

Ballard is ʼn paar dae later na ʼn hospitaal geneem weens erge pyn in sy bene, duiseligheid en naarheid. Daar is bevind dat Ballard met ʼn rot-longwurm geïnfekteer is, ʼn seldsame parasiet wat gewoonlik in rotte gevind word, maar ook in slakke wat rotontlasting eet.

Ballard het meningoënkefalitis, ʼn vorm van meningitis, opgedoen weens die parasiet. Hy was vir 420 dae in ʼn koma en is met ʼn ernstige breinbesering gediagnoseer toe hy uit die koma ontwaak het. Weens komplikasies was hy ʼn kwadrupleeg en het voltydse sorg nodig gehad.

Ballard is Vrydag op 27-jarige ouderdom in ʼn hospitaal in Sydney dood, berig die Australian News Corp.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

willem heitlager ·

that is really bad so sporty and than quadro
i know what it is i am also♿,but becoming on that way i am happy he is with our father without any worrybut feel bad for his parents losing a kid

AmY ·

Dis baie erg, en ek glo nie hy het verwag dat dit gaan gebeur nie.
Ek glo ook dat ander mense hieruit geleer het.

Oom Charles ·

Moeggepraa: ek lees niks van drank nie. Dit was waarskynlik net ‘n uitdaging. Baie van ons het dom goed gedoen om snaaks te wees of ‘n dom uitdaging aanvaar om iets te probeer bewys. Blote jeugdige voortvarendheid en onnosele waagmoed. Dis op sy eie gevaarlik genoeg tussen ‘n klomp lewenslustige jong manne. Die probleem is onderskeiding.

Maar ek dink na hierdie een is ek klaar met slakke as ‘n voorgereg. Ek drink gladnie alkohol nie, maar het al male sonder tal geknoffelde slakke by die halfdosyn in restaurante verorber. Suurlemoen, vars pietersielie, swartpeper, sout. ‘n Eeue-oue (veral Franse) gebruik. Net 5 Minute op lae hitte in knoffelbotter – ek wil raai ‘n parasiet kan dit nog maklik oorleef. Ek reken ek sal nou elke keer dink: ‘rotlongwurm’ as ek ‘n spyskaart met slakke optel.

Karien ·

n Ander artikel wat ek gelees het, sê hy was 19 toe dit gebeur het. Hy en sy vriende het by sy huis gekuier en gedrink, maar ek dink nie dit was so erg die drank as net vriende wat “I dare you to do this” gespeel het nie. In die engels was dit n slug, n slak sonder n dop, wat hy gesluk het. Wie sou nou kon raai dat so glibberige ding nou so vreeslike siekte kon dra. Sy vriende het hom bygestaan tot op die laaste. Nie eers hulle sou kon droom dat daai “dare” hul vriend se dood kon veroorsaak nie. Baie hartseer, nog so jong man. So kan verkeerde keuses soms bitter duur pryse hê.

Katerina ·

Ai tog dis hartseer..Jongmense,veral jong mans, vang baie maal onnosel of lawwe goed aan. Dit het hy darem nou nie verdien nie.

Aster ·

Regtig! Ag nee man, wie sal nou ‘n slak wil insluk. Nee wat, los eerder diere waar diere moet wees en instekte, waar instekte moet wees!

Ben ·

Dit was ‘n rou slak, nie gaargemaak. In die ooste -bv Singapore eet hull geen rou vleis nie, nie eens Suid Afrikaanse biltong nie uit vrees vir parasiete. Dan is daar die Sushi storie. Sushi word volgens ‘n spesiale proses or ‘n tydperk van n jaar gemaak. Dit is nie net rou vis soos sekere van die natuur oorlewings kursus jou wil wysmaak. Mens moet maar versigtig wees wat jy eet.

Louis ·

Dink jy moet maar weer gaan kyk hoe maak mens Sushi. Na n jaar gaan dit vrot wees!

jean ·

Genugtig!….daars omtrent niks in Aus wat nie giftig is nie!………..

koos ·

ek verhuur kamers in my huis. Ek weier summier en sonder uitsondering om te verhuur aan wit mans jonger as 30. hulle is te onbetroubaar en onvolwasse. hierdie berig bewys dit ook weer.

Arme Koos ·

Jy veralgemeen darem vreeslik. Ek ken wonderlike, hardwerkende en betroubare jong mans van baie jonger as 30. Dis net so goed as om te sê alle ou mans genaamd Koos is knorpotte.

Stephen ·

Snaaks as mense nie berigte lees nie… Giftig? Siekte?? Dit was n parasiet!!!

IK ·

Dis net ‘n wonderwerk om ongeskonde deur die lewe en uiteindelik aan die einde van jou lewe te kom. Tog is ek verkeerd want die einde kan wees soos dié van hierdie jongman.

anton ·

Ek dink persoonlik mense wat slakke, paddas, springkane, torre, wurms, slange ens. eet of net in hulle mond sit, rou of gaar………het nie al hul varkies op hok nie!!!

Nika ·

Anton, Johannes die doper het sprinkane geëet, was hy dan ook mal?

@ Nika ·

Het een van julle vir Johannes die Doper geken? Hoe sal julle weet?

GM ·

Haha, Anton, ek moet sê ek gril ook nogal by die gedagte. Slakke het ek wel al geëet, as kind – by Spur!

Nika, die lewe hoef nie permanent so ernstig opgeneem te word nie. Bybelversies/ verwysings na gebeurtenisse in die Bybel moet nou nie om elke hoek en draai uitgehaal word nie. Daar is ‘n tyd en ‘n plek vir als, soos die Bybel dit ook stel.

Sê maar net ·

@Nikita. Met ons Israel toer is ons daarop gewys dat dit nie sprinkane was wat Johannes die Doper geëet het nie, maar wel die vrug van ‘n Locust boom – wat in die woestyn voorkom en dit proe soos sjokolade. Die vertaling na sprinkaan was verkeerd.

Andre ·

Seker gedink hy is beter en snaakser as RON in die Harry Potter reeks…eet slugs !….

Erica ·

Wat ‘n verskriklike lyding moes die jongman nie hê nie, dit is tragies. Ek is seker hy sou dit nooit gedoen het as hy geweet het wat die nagevolge gaan wees. RIV jongman.

anton ·

Koos…….ek moet nogals met jou saamstem.
”Meeste” jonges wat gebore is van die 90″s af is maar bitter min opgevoed. Mans en vroue.
Ek werk nogal gereeld met hulle en kan duidelik sien dat dissipline en opvoeding nie iets is/was wat hulle ouers op gefokus het nie.
Die ergste is dat ander mense dan met die probleem sit en nie hulle ouers nie!!!
En ek dink dit word daagliks net erger.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.