Jong pa sterf ná hy rekenaar herstel

Aron Duplock saam met een van sy kinders (Foto: Facebook)

ʼn 25-jarige man van Brighton in Engeland is Saterdag doodgeskok toe hy ʼn rekenaar, waaraan hy minute vroeër gewerk het, by die muur ingeprop het.

Volgens Daily Mail het Aron Duplock aan ʼn rekenaar by die stiefbroer se huis in Sussex gewerk toe die voorval gebeur het.

Paul, Duplock se stiefbroer, het gesê hy het hy kardiopulmonêre resussitasie (KPR) op die pa van twee toegepas, maar hy was reeds dood.

Volgens die familie het hy ʼn hartaanval gekry as gevolg van die elektriese skok. Die uitslae van die nadoodse ondersoek is egter nog nie bekendgemaak nie.

Volgens sy ma, Vic Stark, was Duplock verloof en sou hy oor ʼn paar maande trou. Hy en sy verloofde, Riana Gretton, het twee kinders, onderskeidelik vier jaar en 18 maande oud.

“My wêreld het uitmekaargeval na dié nuus. Ek wens dié pyn nie vir enigeen toe nie. Dit is ʼn ongelooflike seer wat nie beter raak nie, en my hart gaan uit na ouers wat hul kinders verloor het. Die pyn is verskriklik,” het Stark gesê.

Die familie probeer nou om geld vir sy begrafnis in te samel deur middel van ʼn skarefinansieringswebwerf. Besoek die webwerf hier.

Bron: Daily Mail

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

petro ·

Wat is aan die gang dat al julle hoof opskrifte dieselfde is

Johann Marx ·

Buiten die tragedie van dood, bevat hierdie artikel soveel inligting wat my so hartseer maak. 25 jaar oud….met ‘n kind by ‘n vrou met wie hy nie getroud is nie…toe hy 21 was. Klink asof hy aan ‘n rekenaar gewerk het, maar nie gekwalifiseerd is om dit te doen nie. Mense verstaan nie hoeveel elektrisiteit in ‘n rekenaar is nie. Stiefbroer….met ander woorde gebroke gesin. Nou sit sy “verloofde” met twee kids…sonder ‘n pa en heel moontlik sonder ‘n inkomste. Wat het gebeur dat ons jong mense so fokus verloor het met die “regte lewe” daarbuite? Moenie op 21 kinders maak….as jy hulle nie behoorlik kan versorg en onderhou nie. Gaan sit by jou boeke, kry ‘n kwalifikasie, gaan kry opleiding….en dan, kan jy jouself besig hou met “gesin” en al die verantwoordelikhede en verpligtinge wat daarmee saam kom. Daar is ‘n spreekwoord wat lui: As jy nie hard werk om vir jou ‘n lewe te maak wat jy wil hê nie, gaan jy vir ewig sukkel om te oorleef met ‘n lewe wat jy nooit wou gehad het nie. My hart pyn vir ons jeug wat hierdie begrip nie verstaan nie………..en ek sien duisende van hulle. Meer geïnteresseerd in “girlfriend” en “brand name” en “jol” en “my sounds” en “my wiele”…..as in fondasie gooi waarop jy ‘n toekoms kan bou. Sien hulle dit by hulle ouers?

dom ·

ek sal jou aanraai om jou rekenaar af te sit en liewer buite te gaan speel . JY het te veel te se wat nie met die artikel te doen het nie . kan julle ou mense nie iets sinsvol vir die samelewing doen nie. net moan moan moan heeldag!

AN ·

Stem saam Dom! Jong man is dood, het sy hele lewe voor hom gehad, maar Johann moan moan oor jong mense se lewens styl!

Alida ·

Dit is tragies as so ‘n jong persoon sterf en kinders agterlaat, maar sy verloofde sal nie sonder ‘n inkomste wees nie. Indien werkloos is in Engeland, sal sy ‘n “Counsil Flat” kry en ook ‘n toelaat van die staat, en met twee kinders sal die toelaag heeltemal genoeg wees om van te leef.

Thuunda ·

Ek sien die kinders op die webwerf weet alles, plaas hulle luister na goeie raad.

Tipies van vandag se kinders…nog geen verstand ontwikkel nie, sal seker nog die harde lesse van die lewe moet leer…op die harde manier.

Dellaq ·

Johann, alhoewel van die goed wat jy se wel waar is, is dit regtig nie van toepassing op hierdie berig nie. ‘n jong man het sy lewe verloor-hoe weet jy watse tipe man hy was? Dis hoekom mense en die samelewing my nog altyd so dwars in die krop steek. As mense nie hul godsdiens in jou keel afdruk nie, is dit hul opinies en daarvolgens word jy gemeet, anders is jy nie ‘n goeie mens/ouer/kind nie.
Sterke aan hierdie familie en jammer oor jul verlies

Nettie ·

Dellaq – Johann veroordeel nie die man nie; hy stel die vraagstuk van morele verval en waardes aan ons almal. Johann noem in sy eerste sin die tragiek verbonde daaraan dat ‘n die jonge man oorlede is in so ‘n fratsongeluk. ‘n Jong vrou, sy verloofde, en twee jong kinders asook sy Ma en stiefgesin is in rou gedompel. Daarna maak hy stellings van ‘kinders wat kinders het’ sonder om getroud te wees en mense wat dinge doen waarvoor hulle nie opgelei is nie. Asook dat – eerder as om kinders buitedie eg te kry en ‘n volwasse lewe te lei waarvoor jy dalk nie opgewasse is nie – moet mens jouself eerder kwalifiseer in ‘n rigting om jouself te verbeter en enige gesin wat jy dan sou hê, goed te kan versorg. Ek sê “Ditto” hierop. Sien die wyer verwysingsraamwerk raak en nie net die onmiddellike blykbare ‘gebrek’ aan empatie en simpatie nie.

Johann Marx ·

Hahahahaha…Dom en AN….ten minste het julle my ge-“moan” gelees, nê? Eerder as om te begin saamwerk om ons jeug te bemagtig in ‘n al hoe moeiliker wêreld om in te oorleef, verkies julle tweetjies liewer om my aan te vat, sleg te sê en te kritiseer? Trek maar die skoen aan as hy jou pas…..die “ou man” gaan nou buite speel….maar nie omdat enige iemand my “aangeraai” het nie, maar omdat ek KAN!!

Ore ·

Stem saam Johann, “Wie ore het, laat hom hoor”. Anders moet hy maar voel . . .

Nettie ·

Tragiese sterfte van ‘n jong man, ek stem – te vroeg weggeruk uit die lewens van sy gesin (maak nie saak of dit stief-, half- of eie familie is nie) en sy geliefde. Ek stem egter saam met Johann oor die waardes en morele verval onder mense – nie net die jeug nie, maar almal van alle ouderdomme. Ons kan dit nie ontken, terwyl meisies van so jonk as 9 al begin seksueel eksperimenteer en swanger raak op 13 nie. Die feit dat hy ‘n 4-jarige kind en 18-maande oue baba het, maar nie getroud is nie, het my ook opgeval en ek het gedink “Ja, ‘try’ eers en dan sal hulle miskien ‘buy'”. En ek veroordeel hulle nie. Hoe kan ek? Ek is nie sondeloos nie? Ek kan dus nie die eerste klip optel nie.

Nettie ·

Tjaag, wat. Johann – gee net kans, die “ou tannie” (46) kry gou eers haar kierie en bêre haar bril (ek hoop ek onthou netnou waar ek hom neergesit het …..) voor ek jou kom ‘join’ waar jy buite speel …………..

Genie ·

En Dom is so dom, ag ek bedoel, jonk, dat Klaasvakie al in Engels by hom/haar ‘n draai gemaak het. Slapies maar, die grootmense gesels nou. Dankie Johann, Nettie, Ore, Thuunda en eensgesindes vir jul sinvolle bydraes. Darem boonop in goeie Afrikaans.

Anel ·

Al het ek ‘n voltydse werk, is getroud, het 2 kinders en is “oud” het ek ook geleer om my eie rekenaar te herstel aangesien die IT ouens duur is en mens ook nie almal kan vertrou met jou persoonlike leêrs nie. Ek het dus ook al familielede gehelp wat nie diense kon bekostig nie, maar ja, mens moet weet wat jy doen. So jammer vir die gesin en 2 klein kindertjies wat sonder ‘n Pappa is. Bid vir hul Vrede toe

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.