Jong reisiger se familie raadop ná sy wegraak

Grace Millane word al amper ’n week lank vermis. Foto: Facebook

ʼn Britse vrou (22) wat alleen in Nieu-Seeland reis, het vyf dae gelede laas kontak met haar familie in Engeland gemaak.

Grace Millane, van Essex, het gereeld per WhatsApp met haar mense by die huis kontak gemaak vandat sy twee weke gelede na Auckland gevlieg het, berig die Britse dagblad Independent.

Maar hulle het begin bekommerd raak toe sy Sondag nie op boodskappe van gelukwensing met haar 22ste verjaardag gereageer het nie.

Een van haar broers, Michael, sê hulle het intussen vasgestel sy het nie na die Base Backpacker in Auckland se middestad teruggekeer nadat sy enkele dae daar tuisgegaan het nie.

Hy sê dis glad nie in haar geaardheid om sommer net stil te raak nie, berig die Britse middagblad Evening Standard. “Grace het ses weke gelede in ʼn toergroep Suid-Amerika toe gereis voor sy daarvandaan Nieu-Seeland toe is, waar sy vir die eerste keer alleen reis.”

Hy sê hulle het Donderdag laas kontak met haar gehad, maar voor dit het sy getrou elke dag van haar laat hoor.

“Die laaste kontak wat enigeen met haar gehad het, was Saterdag toe haar kamermaats [in Auckland] gevra het wat sy op haar verjaardag gaan doen. Hulle was die laaste mense wat haar gesien het en dit het gelyk asof niks fout is nie.”

Haar familie plaas intussen pleidooie op Facebook in die hoop dat ander reisigers in Nieu-Seeland hulle kan help om Grace op te spoor, berig die BBC.

Intussen sê die Britse departement van buitelandse sake hulle is met die polisie in Nieu-Seeland in verbinding.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Andrea ·

Gelukkig het sy nie in SA verdwyn nie. Daar is dus nog n kans dat sy lewend gevind kan word.

Seeskulp ·

Soos wat? Misdaad, moord, plaasaanvalle, regerings korrupsie, voertuig ongelukke of beurtkrag?
Miskien help die berig en foto om die meisie op te spoor of te versprei op sosiale media

Maljan ·

Dis in elk geval nie asof sy in. Nieu Seeland vetdwaal en in Kemptonoark opgeeindig het nie.

Lala Land ·

En wat as die publiek van ander lande so reageer op berigte van plaasmoorde in Suid-Afrika ? Komaan mense, dis goed om op datum te bly met BEIDE internasionaal asook plaaslike nuus.

Abe ·

Karolis,
Waarom sal nuus nou minder nuuswaardig wees omdat dit in ‘n ander land gebeur?

Karlien ·

Haai nooit
Dit kan mos nie in die wonderlike NZ met ‘n wit mens gebeur nie.

Andrea ·

Daar gebeur dit dalk een keer in 10 jaar, hier gebeur dit weekliks dat mense wegraak en hul lyke later gevibd word. Redelike groot verskil in statistiek.

Andrea ·

Daar gebeur dit dalk een keer in 10 jaar, hier gebeur dit weekliks dat mense wegraak en hul lyke later gevind word. Redelike groot verskil in statistiek.

Tipies ·

Ń jong dame is weg en die reaksie is of dat dit nie “nuuswaardig” genoeg is nie, of dit word ń politieke gesprek. Ons het darm baie selfsugtig/selfgesentreerd geword. As dit nie vir jou nuuswaardig genoeg is nie, gaan lees ander nuus op ñ ander plek. Gee bietjie simpatie I.p.v. die “in SA vs NZ” of slegte opmerkings oor SA. Ja daar is baie geweld, moord ens. in SA, maar sy het in NZ vermis geraak. Baie sterkte aan haar familie en ek hoop dat sy veilig gevind word.

@ Tipies ·

Hoe moet mense simpatie gee as niks nog gebeur net nie? Hou jy op om ander te oordeel want jy doen PRESIES wat die ander mense doen. Ek dink haar familie sal die hoopvolle boodskap van TIPIES baie waardeer . baie dankie vir jou konsiderasie .. jy is ‘n mooi voorbeeld.

bosluis ·

Dit IS nuuswaardig omdat so iets in NZ gebeur het. Dit is duidelik dat dit nie die norm is daar nie, daarom is dit so nuuswaardig. By ons in SA is dit al n verwagting dat so iets sal gebeur en die dame sou in elk geval gekruisig geword het in SA as dit net eenvoudig uitgekom het dat sy ALLEEN na SA toe gekom het .

Annie ·

Genade, maar ons het koud geword. Onthou wat julle vandag hier gesê het wanneer een van jou geliefdes erens in ‘n vreemde land vermis word. Ons wil hê die buiteland moet SA red uit dit wat hier aangaan maar dit is ons houding? Ek is geskok en teleurgesteld in ons mense

Bekommerd ·

Sjoe is dit nou waar ons is….. ongevoelig, bevooroordeeld, onsimpatiek. Dan moet ons seker nie wonder waarom gaan dit soos dit gaan nie. Net soos Annie is ek ook geskok en teleurgesteld want nou weet ek dit is die reaksie wat ek gaan kry as ek of ‘n geliefde in dieselfde situasie is

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.