Jong tegno-entrepreneur dood gevind

Colin Kroll. Foto: Facebook

Colin Kroll, medestigter van Vine en HQ Trivia, is dood gevind in sy woonstel in Manhattan, New York.

Kroll was 35 jaar oud. Hy is bewusteloos op sy bed gevind en is op die toneel dood verklaar. Dwelms is volgens berigte op die toneel gevind en dit word vermoed dat hy moontlik aan ʼn dwelmoordosis dood is. Die presiese oorsaak van sy dood word egter ondersoek.

Kroll was die uitvoerende hoof van HQ Trivia, ʼn app wat kort trivia-vertonings regstreeks uitsaai aan gebruikers en gewild geword het nadat dit in 2017 vrygestel is.

Kroll was ook ʼn medestigter van Vine, ʼn app waarop jy video’s van ses sekondes kan laai. Hy het ook in ʼn stadium by Twitter gewerk.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

LD ·

Te veel geld gehad, weet nie wat om met dit te doen nie, dan snuif, rook en spuit hulle dit uit! So jonk! Ai tog!

Geregtigheid ·

Wanneer gaan mense leer drugs maak DOOD. Vir onnoselgeit is daar nie pille nie.

jaco ·

en as jy mense van sy ouderdom waarsku dat hulle met verkeerde, selfs gevaarlike goed besig is, is jy verkeerd en hulle is altyd reg.

Abe ·

As daar maar net sprake is van dwelms wat moontlik betrokke kan wees, hoef jy nie verder ondersoek in te stel na sy dood nie!

Jane ·

Tragies dat sulke suksesvolle jongmense hulle lewens met DWELMS vernietig?? JY het geld, jy het sukses, jy het alles tot jou beskikking en jy gaan vernietig dit met DWELMS? Jammer vir sy familie .. die jongmense dink nie meer reguit nie.

Blaarman ·

Ek sien hier is nou weer heelwat mense wat opinies wil lig.

As ons ‘n debat gaan hê, kom ons maak net eers seker ons weet waaroor dit is wat ons debatteer.

“Dwelms” is ‘n baie vae en breë term. Waar trek ons die lyn tussen “dwelms” en “medikasie”. Is daar ‘n lyn?

Morfien, byvoorveeld, is hoogs verslawend, maar tog was dit vir lank gebruik vir pynbeheer. Dit het verseker neurochemiese eienskappe wat soortgelyk is aan sommige ander onwettige dwelms.

So is daar heelwat onwettige dwelms wat bewys is om baie handig te wees in die behandeling van fisiese en sielkundige toestande deur can die wêreld se voorste universiteite. Goeie voorbeelde hiervan is, o.a. kannabis vir die onderdrukking van chemoterapie newe-effekte, psilocybin (“magic mushrooms”) vir die langtermyn behandeling van depressie, veral onder kankerlyers (met ‘n sukseskoers van meer as 80% selfs maande na ‘n enkele behandeling).

Misbruik was wel die probleem hier. Dit is vir my opvallend dat niemand vra watter dwelms die persoon geneem het nie?

Maroela – julle moet asb sulke besonderhede plaas as julle ‘n bydrae wil maak tot ingelugte debat.

Abe ·

Blaarman,
Snert. ‘n Mens weet waarvan praat jy as jy praat van dwelms wat iemand se lewe verwoes het. En jy weet ook as jy van voorgeskrewe medikasie praat. ‘n Mens kan wel ” ingelugte “(sic) debat voer sonder om in medies wetenskaplike terme in te gaan en jouself slim te hou.

Abe ·

Blaarman,
Mens weet wanneer jy praat van dwelms wat mense se lewens verwoes en wanneer jy praat van voorgeskrewe medikasie. Dit is nie vir MM nodig om tegniese mediese terme te gebruik as hulle n berig plaas oor dwelmmisbruik nie. Die verwoestende effek van die goed is welbekend. Net so ken mense die verskil as ‘n mens praat van die heilsame uitwerking van erkende medikasie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.