Jong vrou gestenig omdat sy vir liefde trou

stenig‘n Jong Pakistanse vrou is dood nadat sy deur haar eie familie en gewese verloofde gestenig is.

Die vrou is gestenig omdat sy met ‘n man wat sy liefhet getroud is, en nie die man – haar neef – wat deur haar familie gekies is nie.

Farzana Iqbal (25) was na die hof in Lahore onderweg ná haar ouers ‘n klag van ontvoering gelê het. Sy wou verduidelik dat sy nie ontvoer is nie, maar uit vrye wil getroud is. By die hof se hek is sy egter deur haar familie ingewag en gestenig. Sy is by die hospitaal dood verklaar.

Slegs haar pa is nog aangekeer.

Intussen het haar prokureur, Mustafa Kharal, bevestig Farzana was drie maande swanger. Klik hier om meer te lees.

In Pakistan word “eremoordenaars” dikwels nie vervolg nie, omdat die familie van die slagoffer hulle kan vergewe. Die “eremoordenaars is” egter gewoonlik die familie self. Na raming word gemiddeld 1 500 vroue jaarliks weens “erewraak” vermoor, maar ʼn steniging in die openbaar is seldsaam.

Bron: Belga

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Beliah ·

Dis tragies dat daar steeds huwelike gereel en afgedwing word, dan nog om met ‘n neef te trou. Hoe kry die ouers dit oor hul harte om hul eie dogter te stenig.

Peter Says ·

Daar skuil n mate van barbaarsheid in al hierdie oeroue tradisies.

akram ·

Net so iets interressant. Indien n persoon vermoor word, en hy word skuldig bevind kan die afgestorwe se familie die moordenaar vergewe en hy kan vry loop. In baie gevalle waar die moorde gepleeg word, kry die familie n persoon wat nie familie is nie en hy doen die daad. die familie vergewe hom en dis verby.Wreed maar dis hoe tradisie is. Die familie se naam mag nooit in oneer gebring word nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.