Jongste koninklike baba kom dán

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate (Foto: Twitter via die Kensington-paleis)

Die hertog en hertogin van Cambridge, prins William en Kate, het vandeesweek meer nuus oor die derde koninklike baba op sosiale media gedeel.

Die koninklike egpaar het in ʼn inskrywing op die amptelike Twitter-blad vir die Kensington-paleis bevestig dat hul pienkvoet in April verwag word.

Die egpaar het hul swangerskap die eerste keer op 4 September bevestig.

Bespiegelinge oor wanneer hul jongste kind gebore sal word, het reeds op sosiale media posgevat. Talle sosialemediagebruikers het onder meer uitgewys dat die koninklikes hul sewende huweliksherdenking op 29 April vier en waarskynlik dié tyd in die hospitaal sal moet deurbring.

Kate moes al verskeie hoëprofiel- én persoonlike geleenthede kanselleer weens ʼn ernstige vorm van oggendnaarheid, bekend as hyperemesis gravidarum, waarmee sy met albei van haar vorige swangerskappe ook gesukkel het. Die hertogin kon weens dié siektetoestand nie prins George, die egpaar se eerste kind, op sy eerste skooldag na die gesogte Thomas Battersea- privaat skool in Londen vergesel nie.

Talle mediaberigte wys egter daarop dat Kate se oggendnaarheid waarskynlik vir tyd en wyl moes opgeklaar het aangesien sy in die afgelope twee weke hoëprofiel-geleenthede bygewoon het, soos onder meer Wêreldgeestesgesondheidsdag en ʼn liefdadigheidsgeleentheid wat sy saam met William en prins Harry bygewoon het.

Kate is vroeër die week afgeneem waar sy saam met ʼn Paddington-gelukbringer, ʼn beerkarakter wat gewildheid verwerf het danksy kinderliteratuur, gedans het.

Prinses Charlotte, die egpaar se dogtertjie, is op 2 Mei 2015 gebore.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Bantam ·

Nou moet hulle seker weer eers vakansie hou want die besigheid moes hulle baie uitgeput het

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.