Jongste staatshoof nou aan bewind in Finland

Eerste minister van Finland, Sanna Marin (Foto: Jussi Nukari/Lehtikuva via AP)

Sanna Marin is as Finland se nuwe eerste minister aangewys en dié 34-jarige is nou die wêreld se jongste dienende staatshoof.

Marin lei ʼn vyfparty, sentraal-linkse koalisie. Die vier ander partye in die koalisie staan ook onder leiding van vroue – waarvan drie in hul vroeë 30’s is.

Die land se parlement, die 200-setel Eduskunta, het Marin Dinsdag beëdig. Haar regering het ʼn gemaklike meerderheid van 117 setels.

Sanna Mirella Marin (gebore 16 November 1985) is sedert 2015 ʼn lid van die Finse parlement. Sy was die minister van vervoer en kommunikasie tussen 6 Junie 2019 en 10 Desember 2019.

Ná Antti Rinne sy amp as eerste minister verlaat het, is Marin op 8 Desember 2019 as kandidaat vir die nuwe eerste minister gekies. Ná haar beëdiging is sy nou die jongste dienende eerste minister en Finland se jongste eerste minister ooit. Sy is ook die derde vroulike eerste minister van haar land, ná Anneli Jäätteenmäki en Mari Kiviniemi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

11 Kommentare

Pieter ·

Daar gaan dit nie oor wie jy kennie maar wat jy ken die siek vrot ANC moet gaan leer by hulle

pappi ·

mmmmm….Dink ek gan daar woon….wag net vir my skip om in te kom…

Thys ·

‘n staatshoof is nie aan bewind nie, ‘n politieke party wel

Dolf ·

Finland se nie-uitvoerende president is die staatshoof. Die eerste minister is die regeringshoof.

Sven ·

Politici in Finland en ander Skandinawiese lande is nie gode nie. Hulle kom en gaan. Kabinetslede se salarisse is maar aan die lae kant. Ministers het nie amptelike karre nie, en hulle maak gebruik van openbare vevoer en poelkarre. Hulle bly in kleinerige amptelike huise en woonstelle. Die ANC politici sal maar swaar leef in Finland.

John ·

Little Miss Greta is dalk ons volgende VN-baas… dan is al ons nat steenkoolprobleme opgelos.

Petra ·

Hoop maar nie n 3de wereld oorlog of groot krisis tref Finland in haar tyd. Watter ondervinding gaan sy op staat moet maak?

Anton Esterhuizen ·

Baie geluk met u verkiesing. Mag u sukses wees in u beroep!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.