Jongste wending in Mugabe-begraafplek

Robert Mugabe (Foto: Wikimedia Commons)

Die oudpresident van Zimbabwe, Robert Mugabe, gaan nou na verwagting by sy landelike tuiste ʼn laaste rusplek vind.

Dít volgens ʼn Zimbabwiese regeringswoordvoerder wat die jongste verwikkelinge bekend gemaak het in ʼn drama oor waar die oudleier begrawe moet word.

Nick Mangwana het Donderdag gesê die regering “werk saam met die Mugabe-familie oor hulle jongste posisie”, maar hy het nie gesê wanneer die begrafnis in Kutama gaan plaasvind nie.

Die rusplek van een van Afrika se langsdienende leiers was sedert sy dood vroeër vandeesmaand ʼn groot twispunt. Mugabe was 95.

Sy familie hou in dié stadium sy liggaam in ʼn reusewoning in ʼn woonbuurt van die hoofstad Harare, terwyl daar gewag word vir die afhandeling van die bou van ʼn graf by die nasionale heldeakker.

Dié begraafplaas word hoofsaaklik vir uitverkore lede van die regerende party en oorlogshelde gereserveer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

18 Kommentare

Anoniem ·

Die land get nie geld mie huulemense kom hierheen vir werk maar moet duisende rande vir n graf betaal what a shame!!!!!!

Ina ·

Daar behoort ‘n skande-akker te wees vir iemand soos hy! Hy was géén held nie!

sweis ·

Vir my part kan hulle hom op Harare se ashoop gooi om te vergaan.

CC ·

Hoe land kan so liggaam le voor dit begin ontbind in die reusewoning?
Vra net

wonder maar net ·

Ek het gedink die skepsel is al lankal begrawe… waaroor die vreeslike bohaai oor 1 wat sy land vewoes het duisende dood het … en deel gehad het in ons verknorsing!! Nee wat ek dink ook ‘n ashoop sal die ding doen!!

Hanna Hoekom ·

Gee die ou biltong vir my! Hier is heelwat leeu- en krokodilplase in die omgewing (as hulle hul bekke aan hom sal wil sit) wat die probleem kosteloos kan uitsorteer.

SjN ·

Hanna, Fauna en Flauro sal jou aankla, jy gee nie enige gemors vir n dier om te vreet nie.

Jdb ·

Ek het my personeel die dag afgegee toe hy die emmer geskop het. Dit was ‘n heugelike dag. Ons het gebraai , gelag…
Ai, lekker.
Nou kan hy maar lekker vrot. Bo of onder die grond. Hy is in elk geval reeds besig om te brand.

humor ·

Abrie jy het dit die beste gese. Waar hy ookal begrawe word, in n goue paleis of op die ashoop hy sal nooit rus nie. Watter lot kan swaarder wees. Die proses is alreeds aan die gang want daar kan nie besluit word oor watter plek nie. Eintlik het hy n massiewe graf, die totale Zimbabwe en miljoene mense wie se lewe hy geheel en al vertrap en verwoes is.

Ig ·

Sy liggam word deurmiddel van verkoeling bewaar. Dink aan julle vleis wat jy vir tot 6 maande en langer kan vries.

Bakboord na Stuurboord. ·

Ironies – hy swerf nou rond soos die Zimbabwiërs verstrooid voortswerf om aan die lewe te probeer bly, danksy hom.

Nonnie ·

Hulle spandeer derduisende dollars om ‘n gehate diktator te begrawe, en die gewone ou op straat krepeer van hongerte en ellende……..TIPIES AFRIKA!!!!!!!

Neels ·

Kom nou julle die regering en sy familie wag om te kyk of hy nie net daai Dubai kluis se kode wil gee nie voordat dit koebaai is met hom

Andre ·

Met al die gemors wat hy aangevang het in sy lewe sal hy sukkel om n rusplek te kry.

Christa ·

Ja begrawe Hom daar Waar Hy hoort. Hy was beslus nie n held nie. Hy het land bankrot agter gemaak en after gelaat. Seker gedink Sy Pak Sal sakke he. Sy land is verwoes daarom Moet Sy burgers ander Lande Gaan heenkome soek Om aan die lewe te Bly.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.