Jurie begin beraadslaag oor George Floyd-moordsaak

Derek Chauvin ná sy inhegtenisneming. (Foto: Ramsey County Sheriff’s Office via AP)

Die jurie in die George Floyd-moordverhoor het Maandag byeengekom om oor die uitspraak te beraadslaag. Die 44-jarige Derek Chauvin, ’n polisiebeampte, word aangekla van die moord op Floyd. Hy kan tot 40 jaar tronkstraf opgelê word as hy skuldig bevind word aan die ernstigste aanklag – moord in die tweede graad.

Aanvangsargumente in die verhoor het op 29 Maart begin en slotbetoë is gister (Maandag) aangehoor. Chauvin het emosieloos in die hof gesit en na die laaste argumente geluister. Hy het vroeër aangedui dat hy nie voor die jurie gaan getuig nie.

Floyd is in Mei in Minneapolis dood nadat Chauvin meer as nege minute lank met sy knie op ʼn geboeide Floyd wat op die grond gelê het se nek gedruk het. Dit volg nadat Floyd probeer het om ʼn vervalste $20-noot te gebruik om sigarette te koop. Beeldmateriaal van die voorval het ʼn vlaag Black Lives Matter-veldtogte teen beweerde polisiewreedheid en rassediskriminasie in die VSA tot gevolg gehad.

Die Hennepin-distriksregter Peter Cahill het aan die 12 jurielede gesê dat hulle regverdig moet wees en al die bewyse moet oorweeg en opweeg. Hy het beklemtoon dat vooroordeel, passie, simpatie of die publiek nie hul besluit moet beïnvloed nie.

Aanklaers het ten tyde van die argumente herhaaldelik die video van die voorval getoon.

‘n Groep betogers het buitekant die Hennepn-hof in Minneapolis byeengekom (Foto: Scott Olson, AFP)

“Hierdie was nie polisiewerk nie, maar moord,” het aanklaer Steve Schleicher gesê. “Dit was nege minute en 29 sekondes van skokkende marteling. Die beskuldigde is skuldig en daar is geen verskoning daarvoor nie.

“Floyd het nie ’n bedreiging vir enigiemand ingehou nie. Hy wou niemand seermaak nie.”

Schleicher het gesê Chauvin het nie die polisie se reëls vir die gebruik van geweld gevolg nie en het ook nie na die tyd kardiopulmonêre resussitasie (CPR) op Floyd toegepas om sy lewe te probeer red nie.

Chauvin se regsverteenwoordiger, Eric Nelson, het aan die jurie gesê dat hulle na Chauvin se optrede moet kyk “vanuit die oogpunt van ’n redelike polisiebeampte”. Hy het die jurie versoek om Chauvin onskuldig te bevind.

‘n Groep betogers buitekant die Hennepn-hof in Minneapolis vra dat geregtigheid vir Floyd geskied (Foto: Scott Olson, AFP)

“Hy het nie doelbewus onwettige geweld gebruik nie,” het Nelson gesê.

Nelson het ’n forensiese patoloog geroep wat daarop gedui het dat Floyd se hartsiekte en dwelmgebruik faktore is wat tot sy dood kon bydra. Die patoloog het ook getuig dat die uitlaatgasse van die polisiemotor Floyd ook kon vergiftig het.

Die verdedigings het ook mediese kenners geroep wat getuig het dat Floyd versmoor het omdat Chauvin se knie op sy nek gedruk het. Die kenners het ook uitgelig dat dwelms nie ’n rol in Floyd se dood gespeel het nie.

Intussen woed betogings steeds in Minneapolis nadat Kim Potter op 11 April vir Daunte Wright (20) in sy motor doodgeskiet het. Potter het glo haar vuurwapen met ’n skokwapen verwar. Sy is verlede week in hegtenis geneem op aanklag van strafbare manslag.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Andrew ·

Dit is nie nuus nie. Dit is politiese ophemeling van n krimineel wat arress teen gestaan het . n Moordenaar vra nie sy slagoffer of hy asem kry nie doen hy?

Nie Verbaas ·

Dieselfde soos in Suid Afrika waar n moordenaar n ander se menseregte vernietig maar dan nog steeds self menseregte behou. Verkramp en groot lawaai om n “arme krimineel” op te hef. As George wit was was daar nie een woord oor gerep nie.

Jakes ·

Hoop dat die polisieman vrygespreek word. As jy swart is mag jy doen wat jy wil maar as jy wit is word jy uitgekryt as n moordenaar.

Sonia ·

reg en geregtigheid moet geskied maak nie saak watter kant toe nie maar ek is bevrees wat ookal die uitspraak is gaan daar steeds gewelddadigheid wees want die hele wereld het mal geword

Tiptol ·

Daar is nie meer reg en geregtigheid nie. Soos jy sê, die wêreld het mal geword.

ES ·

Van wat uitgekom het was die polisieman ook nie heeltemal so onskuldig nie. Hy het gereeld boeliegedrag getoon tydens sy diens as polisiebeampte en het ‘n slegte houding gehad.

Jy kan nie as polisiebeampte wil regter speel nie. Ek verstaan die polisie is keelvol vir kriminele maar sy aksies het gely tot George se dood, afgesien van wat hy gedoen het. Hy moes bloot die man arresteer en toelaat dat die staatsaanklaer hom vervolg.

Een kriminele aksie kanselleer nie ‘n ander een uit nie. Daar is nogsteeds reels wat gevolg moet word, anders was die werd nog meer wetteloos as ooit.

Yolandie ·

Die polisieman mag dalk ‘b boelie wees…..en hy mag dalk ook ‘n probleem met sy houding hê. Die vraag is sou die saak die hoe profielsaak gewees het wat dit is as dit ‘n wit op wit misdaad was???? Maar die wit op swart scenario is net meer sensasioneel.

Piet parys ·

Lees Floyed se misdaad rekord en hy kom weg met alles . Hoeveel keer moet n misdadiger gearestreer word voor hy sy misdadigheid los .Hier is misdadigers bo die wet verhewe net omdat hulle nou in bewind is .

Althes ·

Soos die regter tereg gesê het, emosie, ras, politiek, vooroordeel ens. Moet nie ñ rol speel nie.
Hul moet vir sekere regters in SA ñ opknappingskursus gee, wat daardie sleutelsin bevat as inleiding.

Rupert Ashford ·

Ek verstaan dat ditvir ‘n klein, nis-webwerf soos MM nodig is om berigte van ander organisasies te gebruik omdat mens immers nie Afrikaanse joernaliste regoor die wereld kan plaas nie – dit is net te duur en nie lewensvatbaar nie. MAAR: Is MM verplig om die AFP berigte in totaal te neem en ‘n volledige vertaling te publiseer of mag julle dit redigeer (dele uitlaat en eie interpretasie bylas)? Ek vra want mens kan hierdie berigte gewoonlik op ‘n myl sien. Stem MM 100% saam met die sienings wat in hierdie berigte weergegee word?

Chris ·

Hoekom is dit so, of verbeel ek my, dat die wêreld se mense, ‘n skuld gevoel het jeens swart mense?Slawerny is bykans 2 eeue gelede afgeskaf in die VSA. Vra maar net.

Yolandie ·

Reg en geregtigheid moet geskiet. Maar die mense aan die demokrate kant asook die linkse media het die man klaar skuldig bevind en tereggestel. Ek wil net sê dat die staat nie bo alle redelike twyfel die beskuldigde se skuld bewys het nie. Dit gaan mos nou daaroor dat ‘n wit man verantwoordelik is vir ‘n “swart krimineel” se dood vergeet enige bewyse en feite. Vergeet die hoe dwelm vlak in die man se sisteem.

deedee82 ·

Net vir die interessantheid, hoeveel mense hier het gesit en die verhoor gekyk elke dag?
Thumbs up = ja
thumbs down = nee, ek het meeste van die informasie van nuusberigte en tv nuus gekry.

Anton J ·

Die Jurie het hul knië gebuig vir politieke druk. Skaam julle. Wit mense se lewe maak saak.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.