Jy kan binnekort self die Internasionale Ruimtestasie besoek

Die Internasionale Ruimtestasie (IRS) soos gesien vanaf die ruimtetuig Atlantis. (Foto: NASA via ANA)

Nasa het Vrydag gesê die Internasionale Ruimtestasie (IRS) sal in 2020 sy deure oopmaak vir kommersiële ruimtereise, insluitend privaat ruimtevaarders.

Nasa-beamptes het gesê die doelwit is om ʼn “baie stewige ruimte-ekonomie te vestig” terwyl die agentskap daaraan werk om sy langtermyndoelwitte te behaal, om mense weer maan toe en verder in die ruimte in te stuur.

Die besluit wys dat Nasa bereid is om die privaat bedryf toe te laat om meer betrokke te raak in ruimtereise, insluitend die ontwikkeling van bruikbare produkte, het beamptes tydens ʼn perskonferensie gesê. “Daar is groot opwinding in die kommersiële mark hieroor,” het Jeff DeWit, hoof finansiële beampte van Nasa, gesê.

Nasa het reeds aanbevelings bekom van maatskappye om die moontlike groei van ʼn lae-aarde wentelbaan-ekonomie te bepaal en hoe om die privaat aanvraag vir kommersiële ruimtereise te stimuleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Stormrider ·

Sou dit graag wou gaan beleef maar dit gaan waarskynlik weer ‘n fortuin kos

Glenn ·

LOL. Die probleem is nou net dat die ‘Internasionale Ruimtestasie’ nie eers bestaan nie. Betaal die fondse wat dit jou sou kos om die veronderstelde Ruimtestasie te besoek eerder aan my – ek sal jou blinddoek, in ‘n kabelkar druk en jou al wiegende opneem na die Tafelbergpiek, waarvandaan jy ‘n goeie deel van die aarde kan bespied. Op NASA se aardbolprentjies, kon hulle nie eers die vastelande ewe groot laat vertoon nie. NASA is groot ou skelms, en die mensdom val vir al hulle slinkshede.

Jdb ·

Ai Glen. Is jy seker die kabelspoor op Tafelberg bestaan regtig? Is die kabel nie eintlik daar om te keer dat die berg oor die rand van die aarde val nie?

jakes jacobs ·

Stem saam Glenn, Wys my waar is die sterre op die foto.

Jepetto ·

Ek het my nou amper dood verstik aan my koffie Toe ek Glenn se komentaar lees My rekenaar skerm is fol koffie spatsels

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.