Personeel van die geheimediens by die Withuis in Amerika het Vrydag ʼn man in hegtenis geneem wat kaal betoog het.
Die man het buite die hek van die Withuis gaan staan en al sy klere uitgetrek net voordat pres. Barack Obama sy nuwe behuisingsekretaris sou aanstel.
Die man, wat deur die geheimediens as Michel Bechard geïdentifiseer is, het homself teen die beamptes verset en is in hegtenis geneem.
Dit is nie bekend gemaak waaroor die man wou betoog nie. -SAPA
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
1 Kommentaar
Hy wou seker sy punt bewys.