Kaart vir skeidsregter – ‘n doodskaart

Argieffoto

Argieffoto

‘n Nederlandse sokkerskeidsregter het voor ‘n wedstryd waarin hy die fluitjie hanteer het ‘n doodsdreigement ontvang.

Die skeidsregter, Gert den Tuinder (43) uit Hoogvliet, was op die parkeerterrein van Bodegraven toe ‘n knapie van sowat 14 vir hom ‘n koevert in die hand stop en die rieme neerlê. In die koevert was ‘n roukaartjie met ‘n doodskis op. Die boodskap daarby was dat hy die span, Rohda 76 teen Hermandad moes laat wen. Sou Rohda die onderspit delf, sal Den Tuinder op die veld van Bodengraven “tussen ses plankies” begrawe word.

Den Tuinder het steeds die wedstryd hanteer, maar daarna loop hy katvoet en maak seker niemand agtervolg hom nie.

Bron: Trouw

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Shannon ·

Dit had moeten worden gepubliceerd in de oorspronkelijke Nederlandse. De volkstaal humor verloren.

Dit kan net in Holland wees waar soveel geeeeees die berig onmoontlik maak vir enige Engels talige persoon. “Gert van Hoogvliet, geparkeerd in die gronde van Bodegraven, geeft geen inch ten spyte van dreigemente dat hij ten gronde sal gaan gegewe dat hij nie die game sal kook nie. Groot van gees het Gert onverskrokke voortgegaan met reg en geregtigheid vir algar want geen knapie gaan hom gas gee nie” Godverdorie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.