Kabel verbind derde van wêreldbevolking

Foto ter illustrasie. (Foto: Verskaf)

Sowat drie miljard mense, of te wel 36% van die wêreldbevolking, sal danksy die wêreld se langste ondersese kabelnetwerk, 2Africa, met mekaar verbind word. Dit is 1,8 miljard meer mense wat bereik gaan word as wat aanvanklik met die aankondiging van die netwerk in Mei 2020 in die vooruitsig gestel is.

2Africa, ’n konsortium bestaande uit China Mobile International, Facebook, MTN GlobalConnect, Orange, stc, Telecom Egypt, Vodafone en WIOCC het gesê danksy die uitrol van ’n bykomende kabelsegment sal die netwerk nou ook die Arabiese Golf, Indië en Pakistan insluit.

Die nuwe segment, genaamd 2Africa Pearls, bring die totale lengte van die 2Africa-kabelnetwerk op meer as 45 0

00 km te staan, wat dit die langste ondersese netwerk tot op hede maak. 2Africa se aanvanklike planne was om ’n netwerk oor 37 000 km uit te rol met 21 landingsplekke in slegs 16 lande.

Die nuwe 2Africa Pearls-segment volg op die hakke van ’n onlangse aankondiging dat die kabelnetwerk na die Kanariese Eilande, die Seychelle, die Comore-eilande, Angola en die suidooste van Nigerië uitgebrei gaan word en die reikwydte tot 26 lande met 35 landingsplekke vergroot.

‘n Kaart van die 2Africa-kabal wat drie vastelande sal verbind. (Foto: 2Africa)

Drie vastelande word deur die 2Africa-netwerk verbind (Afrika, Europa en Asië deur Egipte) en nuwe landingsplekke sluit in Oman, die Verenigde Arabiese Emirate, Katar, Bahrein, Koeweit, Irak, Pakistan, Indië en Saoedi-Arabië.

“Om die ontluikende wêreldwye digitale ekonomie verder te ondersteun sal die uitgebreide stelsel ’n nog groter verskeidenheid gemeenskappe bedien wat op die internet staatmaak vir dienste van onderwys tot gesondheidsorg en sakeondernemings, wat noemenswaardige ekonomiese en sosiale voordele sal ontsluit,” lui ’n verklaring deur die konsortium.

Die netwerk word deur Alcatel Submarine Networks ontplooi deur gebruik te maak van nuwe tegnologie waarmee tot 16 veselpare gebruik kan word. Dit is dubbel dié van ouer tegnologie en sal ’n vergrote en meer kostedoeltreffende vermoë in die hand werk.

Die aanvanklike koste van die projek is op sowat $1 miljard geraam en die verwagte voltooiingsdatum is 2024.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Johann ·

Heeltemal te veel detail oor waar die kabel is en gaan wees…ons plaaslike “kabelvatters” is oppad.

B-Man ·

Dis sekerlik nie koper nie, maar optiese vesel? Kan dit nie by skrootwerf gaan pant nie.

Anel ·

En as ons met al die lit verbind is maak dit dit net makliker vir die skelms om inbreuk te maak op ons fone en rekenaars!

JohanNL ·

Nee, hierdie kabel het niks daarmee te doen nie. `n Gebrek aan gesonde verstand verhoog egter wel die risiko.

Realis Thailand ·

Kom woon waar ek is Internet vesel kos my R280 pm vir 300Mbps af en op
Kan tot IGbps kry vir R650 pm alles uncapped
Vesel tot oin my router

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.