Kabelkarretjie-ongeluk in Italië eis 8

Stresa-kabelkarretjie (Foto: BKP, eie werk via Wikimedia Commons)

Agt mense is Sondag dood en twee ernstig beseer ná ʼn kabelkarretjie grond toe geval het op ʼn berg in die noorde van Italië.

Die ongeluk het by die vakansiedorp Stresa plaasgevind, aan die oewer van Maggiore-meer in die Piedmont-streek.

“Die voorlopige syfers is agt dood en twee beseer,” het Walter Milan, woordvoerder van die nooddienste, gesê. Die twee beseerde persone is na ʼn pediatriese hospitaal in Turyn geneem.

Foto’s van die branddienste wys wrakstukke van die kajuit in ʼn bebosde gebied waar ʼn steil helling toegang baie moeilik maak.

Die gewilde 20 minuut lange kabelkarretjierit verbind Stresa met die 1 500 m piek van Mottarone – wat ʼn besonderse uitsig oor die Alpe bied.

Die ongeluk, wat sowat 300 m van die piek plaasgevind het, is vermoedelik veroorsaak weens ʼn gebreekte kabel, het die Ansa-nuusagentskap gesê. Elf mense was in die karretjie wat geval het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Nelmari ·

Volgens ander nuusbronne, soos BBC, is daar dertien mense oorlede.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.