Kajakroeier vermoor ná waarskuwing

Emma Kelty het hierdie foto op 10 September 2017 op Facebook gedeel.

ʼn Britse kajakroeier is dood enkele dae nadat sy op sosiale media geskerts het oor ʼn waarskuwing wat sy gekry het dat sy vermoor gaan word.

Emma Kelty (43), ʼn inwoner van Finchley in Londen, het vroeër vandeesmaand vertrek op ʼn solo-avontuur waartydens sy die lengte van die Amasone-rivier in Brasilië op haar kajak sou aandurf. The Guardian berig Kelty het op 10 September op sosiale media geskerts oor die waarskuwing wat sy ontvang het. “So in of naby Coari (100 km weg) sal my kajak gesteel word en sal ek ook vermoor word. Mooi,” het sy geskryf.

Twee dae later het Kelty geskryf sy is nou “buite gevaar”, maar ure later het sy nog ʼn inskrywing geplaas waarin sy gesê het sy het ʼn ontmoeting met gewapende mans gehad. Die volgende dag het Kelty ʼn noodsein geaktiveer waarna sy vermis geraak het.

The Telegraph berig Brasiliaanse polisiebeamptes het gesê Kelty is op 13 September deur rowers, wat plaaslik as “waterrotte” bekend staan, in haar tent beroof en doodgeskiet voordat haar liggaam in die water gestort is.

‘n Inskrywing wat Emma Kelty op 10 September 2017 op Facebook geplaas het.

Daily Mail berig inwoners van ʼn plaaslike nedersetting langs die rivier het Kelty gesien op die rivier vaar enkele dae voor haar dood en het haar probeer waarsku dat sy nie alleen in die Coari-gebied moet ingaan nie. Rivierrowers is dikwels in die gebied bedrywig waar Kelty vermis geraak het. Kelty het egter gesê sy moet gaan en kan nie bekostig om nog tyd op haar reis te verloor nie.

Drie mans, onder wie ʼn 17-jarige seun, is sedertdien in hegtenis geneem in verband met Kelty se dood en nog vier verdagtes word gesoek. Daar word ook na Kelty se liggaam in die rivier gesoek.

Volgens The Guardian het Kelty in 2014 as die hoof van ʼn plaaslike laerskool bedank om te gaan reis. Sy het sedertdien talle solo-reise aangepak en was die sesde vrou om alleen na die Suidpool te ski. Sy het ook ʼn staptog van 2 600 myl (4 184 km) in die VSA voltooi.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Vermeende ·

Die vrou het geen verwandskap met SA of sy mense nie, sy word met die dood vedreig en vermoor en ou is dit hoofnuus is SA.
Blankes word daagliks gedreig met one setler one bullet en kill the boer kill the farmer en dit haal meeste vqn die tyd nie die nuus nie.

Juan Gertzen ·

Presies ek wil nie hoor wat in Timbatoe myle van hier af gebeur het nie, terwyl ons eie mense geslag word nie.

Aussiekaner ·

Dis presies die houding wat die buiteland aanneem. It happened in Africa why must I care ! Hoe kan ons hul blameer as ons dieselfde houding het.

Jakoba ·

Liewe hel maar jy is gevoeloos, dan kerm en kla julle as die buiteland hulle NIE steur aan die talle blankes en boere wat vermoor word nie, jou houding stink! Soos wat jy voel oor die vrou wat vermoor is SO voel die mense oorsee ook ne. Jy as blanke maak nie aan hulle saak nie al gaan biljoene vermoor word. Talle se dood maak nie aan hulle saak nie want dit raak hulle nie net soos die vrou se dood jou ook mos nie raak nie.

andrea van vuren ·

Het julle gesien hoe blitsig die moordenaars in hegtenis geneem is? Stuur ons polisie Engeland toe vir ‘n paar wenke.

Strussbob ·

Dis nou tipies Brits- dink hulle weet als- i’m a btitish citizen ???

wakker willem ·

Uhm Anrea dit het in Brasilië gebeur. Hoekom dink jy die Britte se polisie sou die oortreders gevang het?

Sies vir jou ·

Luister na julle self… ek sal skaam kry. Geen mens verdien om vermoor te word nie onder watter omstandighede ook al. Haar besluite het haar wel haar lewe gekos maar terwyl julle jul monde uitspoel met snert aanmerkings is daar ‘n familie en geliefdes wat treur oor haar. Sê eerder niks want more maak een van jou familielede ook ‘n verkeerde besluit… wat gaan jy dan skryf?

bollie ·

Het jy dan nie geweet van hierdie lesers is nog vasgevang in die Anglo-Boereoorlog nie? Haat alles Brits, kry selfs lekker as een van hulle sterf. Skandelik.

Adam ·

Weereens uitstekende voorbeelde van hoekom Afrikaners soms as “sosiale boewe” beskou word.

Juan Gertzen ·

Kan ons nie Suid Afrikaanse nuus hier kry nie. Glo hier genoeg geweld in ons eie land. Vriend van my 6 keer in bors geskied in KFC , en sy vrou sleg aangerand, sou sê dis meer op ons as Suid Afrikaners van toepassing. Dankie

Aussiekaner ·

Wil jy rerig nog hoor? Ek het al genoeg gehoor. Dit is nie lekker om te hoor nie. Die buiteland stel in elk geval net so min belang as wat jy belang stel in wat daar gebeur.

Dankie Maroela ·

Dankie aan Maroela Media wat top nasionale EN internasionale nuus plaas. Die nuus is gratis en daar is baie plaaslike stories. Julle kan nie kom kla oor iets wat julle verniet kry nie. As jy nie van ñ spesifieke artikel hou nie, moet dit dan nie lees nie. Daar is ñ hele wêreld buite Suid-Afrika waar daar goed gebeur.

Dit is vir my hartseer on te sien watter onsensitiewe kommentaar gemaak word oor ñ vrou wat haar lewe verloor het. Die feit dat sy ñ Brit is, is nie veronderstel om saak te maak nie, sy is ñ mens wat haar lewe verloor het. Ek skaam my vir julle. Waar is julle empatie? Dan verwag julle dat mense empatie vir mekaar in ons eie land moet hê?

Johann ·

Ek stem saam. So die buiteland hoef nie kennnis te neem van wat in Suid Afrika aangaan nie want ons wil nie hoor wat buite ons grense aangaan nie. Ek glo glad nie die bewering dat ‘n groot persentasie Suid-Afrikaners Christene is nie. Kyk maar na party se dade en woorde. Leef en laat leef!

Rika G ·

@ Dankie Maroela stem saam skrol verby die flippen berig as jy dit nie wil lees nie hel man maak my so kwaad. Dankie ook Maroela Media vir al die berigte wat julle plaas.

Sies vir jou ·

Dis waar dat ons mense en Afrikaners vasgevang is in ‘n wettelose land waar misdadigers skiet en moor nes hulle wil en ons moet toekyk hoe ons mense uitgewis word en wonder wanneer dit jou beurt is maar dis insiggewend om te lees dat daar sulke elemente in ander dele van die wêreld ook is. Internasionale nuus en vryheid van spraak is verseker beter as ‘n Noord-Korea sindroom.

Daan Erasmus ·

My pa het gesê ; Moenie kla as jy onder die hoender boom sit. As die hoenders op jou kop skyt nie. Bly weg van gevaarlike plekke. Daar is genoeg plekke waar die dood na jou toe kom. Soos op die pad.

Hennie ·

@Dankie Maroela, ek stem volkome saam met jou!!! Waarheen is ons op pad???

Leahim ·

Dit gebeur elke dag met n boer op sy plaas in suid afrika en die groot rede omrede hulle nie ag slaan op waarskuwings nie.Die boere hoef net die nuus te volg .

willie ·

Leahim, jy is so slim uitgesproke tov die boere jy moes ñ tweeling gewees het! Wat weet jy van die boere en hul omstandighede af?

Leahim ·

Willie ek weet hulle word soos vlieë doodgemaak elke dag en die mense wat hulle aanval sien hulle as sagte maklike teikens as dit andersom was en ons het elke dag gelees van plaasaanvallers wat doodgeskiet was tydens n aanval sou daar baie minder aanvalle gewees .Die meerderheid namibiese is Duitsers of van Duitse afkoms en hoeveel plaasaanvalle is daar.

MARIA ·

DANKIE MAROELA NUUS VIR ALLE NUUS, EK HOU DAARVAN OM TE HOOR WAT IN DIE BUITE LAND AANGAAN WANT VIR AS EK OOR GAAN VIR VAKANSIE DAN WEET EK WAARIN EK MY KAN BEVIND… DANKIE DIT IS BELANGRIK VIR ONS OM TE WEET WAAR WAT GEBEUR VIR DIE DAG AS JY MOET VLUG, DAN KAN JY VLUG NA N PLEK WAAR DIT VEILLIG IS EN NIE ERGER IS NIE…

Cacophony ·

Ons ou nasietjie het darem maar ‘n verwaande klomp mense geword. Skryd Maroela oor enige iets wat nie Suid Afrikaans is nie kerm mense hulle wil eerder van SA hoor. Hallo ons is nid alleen op hierdie planeet nie! Maroela is wel Afrikaans maar dit beteken mos nou nie dat hulle net oor Afrikaners of SA moet berig nie! Dis ‘n nuusblad hierdie. As jy net oor jou eie wil weet lees dan net oor jou eie maar hou op kerm elke keer wat Maroela skryf oor dinge buite ons grense. Welcome to the global world waar jy ook deel is al wil jy dit nie hoor nie! Wees ingelig en bedank Maroela eerder dat jy weet daar is ander dinge behalwe SA

Robby ·

Ja a a swaerrrr……. Suid afrika is een van die plekke waar mense doodgemaak word soos by ʼn wilds plaas. Hoe sê hulle pappa wag vir jou. Mense swaal teveel af op stil plekkies en dan haal die HÊL jou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.