Brandbestryders in Kalifornië het binne 24 uur op ongeveer 330 brande oor die staat heen gereageer, het Gavin Newsom, goewerneur van Kalifornië, tydens ʼn perskonferensie gesê.
Minstens 10 000 inwoners en verskeie bekendes, wat naby Hollywood bly, is weens die Getty Fire in die weste van Los Angeles ontruim. Die Kincade Fire, wat verlede week noordoos van Geyserville in Sonoma uitgebreek het, duur steeds voort oor die noorde van Kalifornië.
Arnold Schwarzenegger, akteur en voormalige goewerneur van Kalifornië, was een van die inwoners wat ontruim is. “Ons is vanoggend om 03:30 veilig ontruim,” het hy op Twitter gesê.
Minstens sewe huise is in die brand verwoes en ongeveer 600 brandbestryders is op die toneel van die Getty Fire.
Pacific Gas & Electric het reeds die kragtoevoer na meer as 2 miljoen persone afgesny in ʼn poging om te verhoed dat die elektrisiteit veroorsaak dat die brande verder versprei. Die maatskappy is veroordeel dat hy ongeveer 23 000 kliënte nie in kennis gestel het van die kragonderbrekings nie.
Die oorsaak van die brand word ondersoek. Geen sterftes is tot dusver aangemeld nie.
O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.
3 Kommentare
Daar is ‘n reuse brand tussen Ellisras en Vaalwater. Dit is eerder iets om oor te berig.
Sodom en Gomora brand.