Kalifornië se verbod op aanvalswapens omgekeer

Hoewel die koronaviruspandemie geweld by die werkplek verminder het omdat meer mense tuisgebly het, het dit ook tot rekordhoë vuurwapenverkope gelei. (Foto ter illustrasie: pixabay)

ʼn Amerikaanse regter het Kalifornië se verbod oor drie dekades heen op aanvalsgewere Vrydag omgekeer in ʼn stap wat blitsig deur die staat se goewerneur, Gavin Newsom, veroordeel is terwyl vuurwapen-verwante voorvalle in die VSA toeneem.

In ʼn 94 bladsy lange uitspraak beskryf federale regter Roger T Benitez Kalifornië se verbod op aanvalsgewere – wat in 1989 ingestel is – as ongrondwetlik en verdedig hy die reg van Amerikaners om semi-outomatiese gewere te besit.

“Soos die Switserse weermagmes, is die gewilde AR-15-geweer die perfekte kombinasie van tuisverdedigingswapen en binnelandse verdedigingstoerusting,” skryf hy.

“Vuurwapens en ammunisie in die hande van misdadigers, tiranne en terroriste is gevaarlik; vuurwapens in die hande van wetsgehoorsame, verantwoordelike burgers is beter,” voer hy aan.

Benitez het die staat 30 dae gegee om teen die uitspraak te appelleer, terwyl die goewerneur gesê het dit hou ʼn “regstreekse bedreiging vir openbare veiligheid in”. Hy het onderneem om die besluit te betwis.

“Ons deins nie terug van die stryd nie en ons sal aanhou vra vir gesonde verstand oor vuurwapenwetgewing wat lewens sal red,” het Benitez in ʼn verklaring gesê.

Die besluit kom te midde van ʼn toename in vuurwapengeweld in die VSA en net meer as ʼn week nadat ʼn ontevrede, swaar gewapende amptenaar van die openbare vervoerstelsel nege mense doodgeskiet het.

ʼn Deursoeking van die aanvaller se huis – wat kort voor die aanval aan die brand gesteek is – het tot die opsporing van 12 vuurwapens, sowat 22 000 koeëls en items wat moontlik petrolbomme was, gelei.

Massaskieterye het ook in Florida, Indiana, Kalifornië, Colorado en Georgia plaasgevind in ʼn vlaag geweld wat pres. Joe Biden as ʼn “epidemie” bestempel het.

Dit sal die eerste groot saak oor die grondwetlike reg om ʼn vuurwapen te besit wees wat die land se hoogste hof in meer as ʼn dekade aanhoor.

Hoewel die koronaviruspandemie geweld by die werkplek verminder het omdat meer mense tuisgebly het, het dit ook tot rekordhoë vuurwapenverkope gelei.

In Maart verlede jaar het die getal weeklikse federale agtergrondsoektogte oor vuurwapenkopers vir die eerste keer die eenmiljoenkerf verbygesteek, het The New York Times berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Persheks Adri ·

Kan iemand ASB hierdie vir hoedeman en Cyril in al die tale stuur sodat hulle mooi verstaan wat aangaan?

“Vuurwapens en ammunisie in die hande van misdadigers, tiranne en terroriste is gevaarlik; vuurwapens in die hande van wetsgehoorsame, verantwoordelike burgers is beter,” 

Uiteindelik iemand wat logika en redenasie vermoë het! Give this man a bells!

Jurie ·

Onthou ons leef in ‘n derde wêreld + omgewing en die VSA is ‘n 1ste wêreld land.Jy moet intellek hê om die tipe goed logies te beredeneer wat ons geagte regering nie het nie ☹

Persheks Adri ·

Regtig Maroela julle vat amper ‘n uur om my kommentaar te plaas gggmmmfff!!!

Persheks Adri ·

Kan iemand ASB hierdie vir die kabinet in al die tale stuur sodat hulle mooi verstaan wat aangaan?

“Vuurwapens en ammunisie in die hande van misdadigers, tiranne en terroriste is gevaarlik; vuurwapens in die hande van wetsgehoorsame, verantwoordelike burgers is beter,” 

Uiteindelik iemand wat logika en redenasie vermoë het! Give this man a bells!

Francois Le Cochon ·

Persheks, ek raai jy het ‘n .577 Nitro Express onder die bed.

Persheks Adri ·

Nee Francois ek’t klas en het die beste! Jy verstaan seker nie wapens nie en nog minder hoe belangrik die wet vir ons is nie! Jy’s seker deel van Gun Free pffft

Pieter ·

Af duimpies bevestig seker jy sal jou self beskerm met ñ Baksteen en assegai. Of jy hou nie van geweld nie en lees nuus anders as ons wat voel self verdediging begin by veilige wapen Hantering en besit van 1 en meer + ñ lisensie

Johan ·

Goeie een. Dis maar die gewone anargistiese bende hier bo, ignoreer hulle gerus. Hulle is ook voorstaanders van onbeperkte mag gee aan ons geliefde bevryders en redders teen die virus, EFF-ANC.

Persheks Adri ·

Ja shame hulle is juis daai bende Pieter en Johan! Ons is mos trompoppies vir die inentings en word iets van alles genoem. Lees gerus by die sigaret reëls ook… Voorstaanders vir als waarteen ons is en klim altyd in my karakter in.

Francois Le Cochon ·

Die probleem is dat baie mense, ek inkluis, het handwapens vir selfverdediging, maar dit word in ‘n kluis gehou en nie aan jou nie, wat eintlik dan nie selfverdediging regverdig nie. Dit is ook nie altyd prakties om jou vuurwapen altyd by jou te dra nie. Nie orals waar jy gaan word vuurwapens toegelaat nie, en dit is onwettig om jou vuurwapen in jou motor te los. Ek gaan ook beslis nie my R10,000.00 Glock by ‘n plek se sekuriteit inhandig nie.

A ·

Wag totdat Maroela lesers hoor dat die goewerneur wat die verbod ingestel het, is niemand ander as hulle geliefkoosde Ronald Reagan.

Dis reg. In 1960s het die Black Panthers hulle konstitusionele regte gebruik om met lang wapens rond te loop.

Dit het nie reg gesit met die ou akteur nie, toe verbied hy dit.

Hoekom ·

Vuurwapens en ammunisie in die hande van misdadigers, tiranne en terroriste is gevaarlik; vuurwapens in die hande van wetsgehoorsame, verantwoordelike burgers is beter,”

Net so ja. Iemand met logika…

Thom ·

As jy KAN skiet het jy nie ‘n semi-outomatiese wapen nodig vir selfverdediging nie en as jy NIE kan skiet nie moet jy liefs geen vuurwapen besit nie .

Persheks Adri ·

Thom, vir ons gaan dit gaan nie oor semi-automatiese wapens nie, maar wel die bewoording van:
“Vuurwapens en ammunisie in die hande van misdadigers, tiranne en terroriste is gevaarlik; vuurwapens in die hande van wetsgehoorsame, verantwoordelike burgers is beter,” 
Daar’s mense wat jag, kompetisie skiet, lading ontwikkeling doen ens. Gaan kyk gerus na die hele wapen wet wat hulle wil verander.

Thom ·

Die hele artikel gaan oor die verbod op aanvalsgewere ____ dit hoort nie in die besit van Janalleman nie ___ ek was ‘n skerpskutter in die regte SAW en is versot op my wapens waarvan ek ‘n klomp het en geen probleme met of lisensies en / of die polisie het nie . Die proses is stadig en vertraagd maar baie strenger keuring is nodig wie wapens kan en mag besit en wie nie . Ek kry elke keer uitstekende diens van die SAPS maar die sentrale stelsel is hopeloos .

Persheks Adri ·

Hier stem ek saam met jou Thom! Ek self doen die 1km kompetisies ens en is seker 1 van min vrouens wat so erg is oor wapens en mal is oor dit en die manne wat my uitdaag om so vêr te skiet! Min mense verstaan dit…

Punisher ·

Adri ignoreer die thom ou hy dink net hy is slim jou kommentaar is gewoonlik 100% reg moet nie dat hy jou iets anders wys maak nie klink op al die berigte van wapens of jy meer weet as sekere mans in elk geval

Thom ·

Ek sal my aan jou steur wanneer jy ook kan skryf . So terloops ___ ek is flippen slim .

JohanR ·

Ek het die eerste lyn van Perheks Adri se kommentaar te vinnig gelees toe dog ek dit is geskryf “hoenderman!” Miskien ook van pas?

Persheks Adri ·

Jy laat my lekker lag JohanR baie dankie! Ja dit kan ons gebruik lol absoluut, want ons verstaan mekaar se taal!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.