Kameel hap baba se kop

Argieffoto Foto: myhonduranjourney.blogspot.com

Argieffoto Foto: myhonduranjourney.blogspot.com

ʼn Vier maande oue baba is in die hospitaal opgeneem nadat ʼn kameel hom by ʼn sirkus aan sy kop gehap het.

Die voorval het Saterdag in Megeve in Frankryk plaasgevind toe die ma en haar baba die sirkus gaan besoek het. Die ma het die seuntjie in ʼn babasak voor aan haar lyf vasgemaak en het by die kameel se hok gestaan toe die dier die seuntjie gehap het.

“Ons het nie die kameel gevoer of gevryf nie,” het die ma aan die plaaslike Dauphine Libere-koerant gesê. Sy het gesê die kameel se onderlip was teen haar seuntjie se voorkop en sy bolip teen sy agterkop.

Die baba se lewe is nie in gevaar nie. Die ma het aan die koerant gesê hy het “veelvuldige frakture” opgedoen, maar behoort nie enige permanente skade te hê nie.

Die polisie het hulle na die toneel gehaas en paramedici ontbied toe die ma geskree het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

EMK ·

FEIT: wilde diere hoort NIE in sirkusse nie. Die mens wat altyd alles vir sy eie selfsugtige genot inspan…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.