Kameelperdjie sonder kolle gebore

Die kameelperdjie wat sonder kolle gebore is (Foto: Brights Zoo/Facebook)

ʼn Kameelperdjie wat in Tennessee in die VSA sonder kolle gebore is, maak reeds opslae oor haar seldsame karaktertrekke.

David Bright, direkteur van Brights-dieretuin, sê die kameelperd is op 31 Julie gebore en staan reeds 1,8 meter hoog. Volgens Bright is dit ʼn baie seldsame gebeurtenis vir ʼn gevlekte kameelperd.

“Sy is ʼn mooi, soliede bruin kleur, sonder enige van die spesie se kenmerkende patrone wat haar in die natuur met kamoeflering sou help,” het Bright gesê.

Dit is die eerste kameelperd waarvan ons weet wat sonder kolle gebore is, sedert 1972 in Japan, het hy bygevoeg.

Die kameelperd het nog nie ʼn naam nie. Gebruikers op die dieretuin se Facebook-blad het onder andere die volgende voorstelle gemaak:

  • Kipekee (uniek)
  • Firyali (ongewoon, buitengewoon)
  • Shakiri (sy is die mooiste)
  • Jamella (een wat baie mooi is)

Die dieretuin sal op 4 September die finale uitslag aankondig.

“Sy floreer onder die sorg van haar waaksame ma en die dieretuin se ervare personeel,” het Bright in ʼn verklaring gesê. Hy hoop dat die publisiteit oor die kameelperd bewusmaking sal skep aan die bedreiging wat gevlekte kameelperde ervaar.

Tony Bright, stigter van die dieretuin, het gesê dié kameelperde se getalle is besig om in die natuur te kwyn. “Sowat 40% van die wilde kameelperdbevolking het die afgelope drie dekades verlore gegaan.”

Name the baby giraffe:We have 4 names to choose from, The names and their meanings are below:1. Kipekee – Unique2. …

Posted by Brights Zoo on Tuesday, August 22, 2023

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Karoo ·

Nou dis nou ‘n perd van’ n ander kleur lol. Sy lyk te pragtig en staan al 1.8m hoog. Wonder wat Dave Pebler se verklaring sal wees?

hondbyt ·

Baie waarskynlik atavisme wat ons hier sien, dormante voorvaderlike gene wat kop uit steek.

Vir interessantheid, kameelperde se naaste algemene voorvaders is die okapi en hulle is so mooi donker bruin kleur.

Karoo ·

Jinne Hondbyt, dankie, dis nou ‘n “bek vol” waardevole inligting :-)

Hannelie ·

Spotless is nogal uniek. En Cherokee hoekom sal sy nie Engels wees nie?Wat se taal praat mens in Tennessee?

Pietertjie ·

Lyk my of sy kolle dieselfde kleur as die res van sy lyf is…

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.