Kanada nou in staat van beleg oor trokdrywers

Covid-19-betogings in Kanda. (Foto: Ed Jones/AFP)

Die Kanadese eerste minister, Justin Trudeau, het Maandag krygswet (ʼn staat van beleg) ingestel om die impak van voortgesette betogings teen die verpligte Covid-19-inentings en inperkingsmaatreëls te probeer beperk. Hiermee word alle burgerregte tydelik opgeskort.

Dit volg ná Trudeau reeds verlede week ʼn noodtoestand in die land afgekondig het.

Honderde vragmotors betoog al meer as twee weke in die middestad van Ottawa, die Kanadese hoofstad. Die betogings het ook reeds na ander wêrelddele versprei.

Die betogers het hoofweë na die grens tussen Kanada en die VSA en ook die Ambassador-brug – wat dié twee lande verbind – met vragmotors versper. Die hoofweg is intussen oopgestel.

CNN en Daily Mail berig dat met die instel van ʼn staat van beleg, die regering die weermag se hulp kan inroep om die situasie onder beheer te bring.

Trudeau het egter gesê die regering gaan nie in hierdie stadium die weermag ontplooi nie, maar owerhede sal meer mag kry om betogers in hegtenis te neem en beslag te lê op hul vragmotors om versperrings uit die weg te ruim. Die befondsing van die betogings sal ook verbied word.

“Met die staat van beleg ignoreer die regering nie die handves van mensesregte nie en beperk ook nie die reg op vreedsame byeenkomste nie. Ons verhinder nie mense om hul reg uit te oefen om wettig te betoog nie. Ons wil hiermee slegs ons burgers en hul werke beskerm asook geloof in ons instellings herstel.”

’n Hof het betogers Vrydag beveel om die Ambassador-brug en die gebied om die Kanadese parlement te verlaat. Sommige betogers het ingestem om hul voertuie te verwyder; ander het egter volstrek geweier.

Volgens die Kanadese polisie het hulle 11 betogers by die grenspos by Coutts in Alberta, Kanada, in hegtenis geneem. Hulle het ook op 13 gewere, handwapens, veelvuldige stelle lyfwapens, ’n kapmes en ’n groot hoeveelheid ammunisie en hoëkapasiteitmagasyne beslag gelê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

20 Kommentare

jongste oudste gewildste
Robert

Absolute magsvergryp deur die diktator Tredeu.

Johan

En so wys demokrasie hoe vry mense werklik is. Regerings kan in n oogwenk grense toemaak (vir GEEN rede nie) en almal se lewensmiddele bedreig, maar as burgers hulself probeer beskerm teen n regering…

Misky

Nou weet ons hoekom het kopdoek die noodtoestand in SA verleng en al amper 2 jaar doen en wil daai houvas op ons ook he. Die pandemie is laaaankal verby.

Jacobus

Totale infantiele optrede. Al wat hy kort is ‘n kopdoek.

Marshall

As n afgetrede mediese spesialis is ek wel bewus van n grondbeginsil van mediese praktyk dat geen behandeling toegepas mag word sonder die toestemming van n pasient nie. Aangesien die vaksiene nie die oordrag van die virus keer nie, is die gemeenskapsgesondheids argument nie van toepassing nie. Vaksienmandate is totaal onwettig. Die stilleswye van die Royal College of Medicine of Canada is kommerwekkend.