Kanada sê Boeing is per ongeluk deur Iran neergeskiet

‘n Reddingswerker op die toneel waar die vliegtuig neergestort het. Foto: (AP Photo/Ebrahim Noroozi)

Kanadese, Amerikaanse en Britse amptenare sê dit is “hoogs waarskynlik” dat die Boeing 737 wat vandeesweek kort ná opstyging in Teheran neergestort het, per ongeluk deur Iran neergeskiet is.

Altesaam 176 mense is dood toe die Boeing 737 van Ukraine International Airlines Woensdagoggend enkele ure nadat Iran missiele op Amerikaanse teikens afgevuur het, neergestort het.

“Ons het inligting van verskeie bronne, insluitend ons bondgenote en ons eie intelligensiebeamptes. Die getuienis dui daarop dat die vliegtuig deur ʼn Iranse missiel neergeskiet is,” het Justin Trudeau, eerste minister van Kanada, gesê.

Minstens 63 Kanadese het in die voorval omgekom.

Boris Johnson, die Britse eerste minister, en Scott Morrison, eerste minister van Australië, steun Trudeau se vermoede.

Justin Trudeau. Foto: (Sean Kilpatrick/The Canadian Press via AP)

Morrison sê dit blyk dat die vliegtuig wel per ongeluk neergeskiet is. “Al die intelligensie dui daarop dat dit nie ʼn opsetlike daad was nie,” sê Morrison.

Die Amerikaanse president Donald Trump het aan joernaliste in die Withuis gesê hy glo ook dat Iran verantwoordelik is vir die voorval en verwerp Iran se aanvanklike bewering dat die Boeing weens ʼn meganiese probleem neergestort het.

“Iemand kon aan die ander kant ʼn fout begaan het. Die vliegtuig het oor ʼn redelike rowwe buurt gevlieg,” sê Trump.

Maroela Media het vroeër berig die vliegtuig was op pad na die Oekraïense hoofstad Kiëf met 167 passasiers en nege bemanningslede aan boord, onder wie 82 Iraniërs, minstens 63 Kanadese en 11 burgers van Oekraïne.

Talle passasiers was internasionale studente wat aan universiteite in Kanada studeer het. ʼn Pasgetroude paartjie en ʼn gesin van vier is ook onder die slagoffers.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

45 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johanna Botha

Ag vader hoe dom kan jy nou wees ! !

Michelle

Hello julle,

Wil net gou se die opskrif is n bietjie verkeerd en misleidend. Dit was nie Kanada se boeing nie..

Michelle

marius

Hi Michelle,
die opskrif lui “Kanada sê…” nie “Kanada se…”

Hermano

Michelle
Kanasa sê. Nie nie Kanada se boeing. Opskrif is 100% ref

hendrik

Daar word missiele na n vliegtuig gevuur maar dit is” per ongeluk.” Hoe skiet jy n vliegtuig per ongeluk raak.