Kanada se immigrasie-webwerf breek tydens VSA-verkiesing

Skermskoot van Kanada se immigrasie-webwerf

Skermskoot van Kanada se immigrasie-webwerf

Kanada se immigrasie-webwerf het ineengestort weens ʼn hoë lading terwyl Amerikaners gewag het vir die uitslag van die presidensiële verkiesing.

Donald Trump is tot Amerika se nuwe president verkies, en dit wil voorkom of Amerikaners hulself na Kanada wou wend.

Kanada het gemoedelike beleide jeens vlugtelinge, en het ʼn werkende welsyn- en gesondheidstelsel met ʼn eerste minister, Justin Trudeau, wat wêreldwyd gewild is.

Selfs Google het vandeesweek oor Amerika heen ʼn toename beleef in soektogte na “move to Canada”.

“Voor jy die huis verkoop en ʼn enkelkaartjie koop, kom maak eers seker,” lui ʼn advertensie van die lugredery Air Canada, wat in Junie uitgesaai is. Die lugredery het Amerikaners aangeraai om Kanada eers te “toetsbestuur”.

Die Citizenship and Immigration Canada-webwerf het intussen herstel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Karma1 ·

Ek hoor nou glad daar is (hopelik ‘n grappie) dat van die Yanks vra of hulle na SA te kan emigreeer ….. LOL

Karma 2 ·

Wel hopelik sal die klomp mense wat terug emmigreer darem kan help om die land reg te ruk. Maar hulle gaan moet werk kry… of skep.

gatiep ·

Nee asb nie Karma hoop dit is n grappie gaan verkeerde klomp wees wat sal kom.

KP ·

As hulle nou so voel hoe moet ons hier nie nou al by hierdie tyd voel nie. Hier word jy sommer in die openbaar gedreig hoe jy dood gemaak gaan word as jy wit is.

Chris ·

As daar van die wel gesteldes of avarage Joe Amerikaners is wat Canada toe skuif, kan ek asseblief in jou plekkie inskuif en n USA burger word, veral as jy in Texas bly, GROOT asseblief?!

John ·

In Kanada eet die muskiete jou op. Goeie huise is onbekostigbaar tensy mens bereid is om 500 km van groot sentra te bly. Diefstal neem dramaties toe en ‘n toeloop van vreemde karakters ook. Daar is erger karakters om van weg te vlug as Trump. Miskien is dit onwettige immigrante wat nou bang raak.

antjie ·

Hier is alreeds kanadese drs hier by ons….en glo my ek sien elke 2e week een…hulle weet nie veel nie….moet elke keer eers gou n ander kanadese kollega raadpleeg….oe hier kom n ding…

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.