Kankeroorlewende (11) pleeg selfmoord ‘weens boelies’

Wendy Feucht, Bethany Thompson en haar pa, Paul Thompson (Foto: CNN)

Wendy Feucht, Bethany Thompson en haar pa, Paul Thompson (Foto: CNN)

ʼn Gesin van Ohio in die VSA is flenters nadat hul jongste kind, ʼn 11-jarige, Dinsdag ná ʼn meedoënlose stryd met boelies haar eie lewe geneem het.

Bethany Thompson is op driejarige ouderdom met ʼn breingewas gediagnoseer en hoewel sy al sedert 2008 kankervry is, was die blywende skade van bestraling duidelik sigbaar op haar gesig: Senuweeskade aan die regterkant van haar gesig het veroorsaak dat haar mondhoek effens na bo getrek het en die regteroog effens vernou was.

Dit is glo haar “skuins glimlag” én haar krulhare wat haar ʼn teiken vir boelies gemaak het – en skaars ʼn dekade nadat haar gesin moes veg om haar aan die lewe te hou, het sy haarself Dinsdag ná skool doodgeskiet.

Haar ma, Wendy Feucht, het aan The Daily Dispatch vertel sy het glo vroeër die dag, op pad huis toe met die bus, vir haar vriendin vertel dat sy haar eie lewe gaan neem.

“Sy het vir haar gesê sy is lief vir haar en dat sy haar beste vriendin vir altyd gaan bly, maar dat sy haar lewe gaan neem,” het Feucht gesê.

Toe die pa van die vriendin Dinsdag ná werk ʼn noodoproep na die gesin huis maak, was dit egter reeds te laat.

“Sy moes gaan soek het vir die pistool want ons het nog nooit vir die kinders gesê waar ons dit bêre nie,” het Feucht aan die polisie gesê.

Sy sê die familie weet nie hoe om nou aan te gaan nie. “Dit voel of daar ʼn deel van die legkaart vermis is. Sy was vir amper 12 jaar konstant in my lewe, en nou is sy weg. Sy was my prinses, my baba-dogtertjie. My lewe het rondom haar gewentel.”

Intussen berig CNN die Triad-laerskool in Ohio was bewus van dié probleem. Die skoolhoof het glo aan Feucht gesê dat die probleem ondersoek word.

Thompson het glo die dag van haar dood saam met haar vriendin anti-boelie-plakkate gemaak, maar die bestuur van die skool het gesê hulle mag dit nie gebruik nie.

Volgens Triad se distriksuperintendent, Chris Piper, word ʼn volledige ondersoek na die voorval nou by die skool van stapel gestuur.

Volgens ʼn studie van die Center for Disease Control and Prevention in die VSA is die voorkoms van selfmoord onder tieners angswekkend. Minstens 17% van tieners in dié staat het op een of ander stadium selfmoord ernstig oorweeg, 13,6% het al planne beraam om hul eie lewe te neem, 8% het een of meer keer selfmoord gepoog en 3,5% beland in die hospitaal ná ʼn selfmoordpoging.

Volgens ʼn berig van eNCA kan minstens 10% van sterftes onder kinders en tieners in Suid-Afrika toegeskryf word aan selfmoord.

Bron: CNN, eNCA, Fox News

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

68 Kommentare

Katryn ·

Boelies en kopluise is een van die grootste probleme ook in Suid-Afrikaanse skole. Wonder hoe die boelies NOU hieroor voel? Is julle nou tevrede en het gekry wat julle wou gehad het? So hartseer en onnodig…

Coralie ·

Die boelies sal seker nou, soos dit mos altyd gaan, berading by die skool ontvang en aangaan met hulle lewwens.

Johann ·

Stukkend van hartseer as n pappa wat meer as gereeld sy eie en ander kinders in ons skool se trauma moet help aanspreek…want in ons skool word selfs herhaalde boelie gedrag beloon met n attitude van ” shame…arme kind…he begrip vir sy/haar rede vir verwoesting saai onder sy maats…weet nie wat hulle doen nie…is rerig nie so.erg nie…” Ek forward die artikel met n READ REPORT vir AL die personeel en BEHEER LIGGAAM in ons OOSTE VAN PRETORIA JUWEEL van n Laerskool!!!!!!

Anoniem ·

Jip, die skool het groter simpatie met die boelies as met die slagoffers. Skool maak die regte geluide, maar NIKS daadwerkliks word aan die probleem gedoen nie. Wat is die kans dat Poppie se stiefpa ook ‘n boelie op skool was?

Ronel ·

Ek het al by my kinders se skool soos ‘n viswyf tekere gegaan oor boelies. Dit het niks gehelp nie. Te vat ek maar die kinders buite die skool aan. Dit het baaaaaaaie meer gehelp as wat die skool se leë beloftes gehelp het. Ek het ook vir my kinders gesê dat hulle asb die boelie sommer met die vuis moet slaan of op sy knieë skop. As die skool my bel oor dit sal ek vir die hoof vra om hom solank geluk te wens ek is oppad om dit self ook te kom doen. Ek sal sommer voor die hoof vir my kind een helse sjokelade ook gee as beloning. Dis in elk geval primitief om te boelie.

Carine Moir ·

Wanneer gaan die mense n slag luister en die boelies vasvat.

Andrea ·

Nee Carine, niemand vat hul vas nie. Op n manier is hulle altyd die gewildes, het hul ouers baie geld, is lid van die beheerraad, ens. Die kinders wat geboelie word, word as swakkelinge beskou omdat hulle nie “self die situasie kan hanteer nie, maar na mamma of pappa hardloop”. Daar word in werklikheid neergesien op die kinders wat geboelie word en hul ouers. Dis my ervaring.

Alwyn ·

Wat word van ons samelewing dat ’n 11-jarige van selfmoord weet?!! Sterkte aan die gebroke gesin.

Neem kennis ·

Ja Katryn, jy is reg. Skole moet kennis neem van hierdie angswekkende probleem en nie skouerophalend wees daaroor. Dit is nie altyd dat die slagoffer gaan kla omdat dit ook gesien word as ‘n swakheid. Dis wanneer ouers en grootouers (sou hulle betyds daarvan te hore kom) reg in eie hande wil neem nadat daar vrugteloos by die hoof van ‘n skool daaroor gekla is.

Vanya ·

Boelies kom direk van ouers wat dit nie met hulle kinders bespreek nie en net los as daar n problem is! Ouers, praat met julle kinders hieroor en verduidelik vir hulle hoe verkeerd dit is om ander te boelie!!! Voor jou kind verantwoordelik is vir n ander kind se dood! Dit begin absoluut by die huis en opvoeding…..

Vanya ·

En ja skole kan beslis ook meer erenstig hier teenoor optree!

Tanja ·

Skole doen niks oor boelies nie..as jy nie jou kinders verduidelik en help om hul man te staan en te se hulle is mooi van binne en buite nie is dit rof in n skool…jy as ouer moet maar al die harde werk doen jong..maar dit is soooo hartseer om jou kind so te verloor oor sulke kinders wat so haaglik is en onnodig is…

Sarie ·

Dis bitter as dit met iemand in jou gesin gebeur… Mý kleindogter het in Augustus selfdood gepleeg. Sy was 16… Ergste is, sy het nie ‘n briefie nàgelaat nie, so ons weet nie waarom sý dit gedoen het nie…

Nella ·

Sarie, eks hieper jammer oor julle verlies.

Uit persoonlike ondervinding en ek weet dis geen troos, wanneer mens in daai donker gat beland en jy nie meer die krag of die lus het om te smile en te maak of jy okay is nie en jy voel dis jou enigste uitweg om al die seer weg te vat. Ja miljuisende mense sal se bid en daars ‘n ander oplossing maar as hulle nog nooit so seer of negatief gevoel het nie kan hulle nie advies gee nie. Mense se dis die maklike uitweg en net dat ‘n lafaard dit doen. Mense praat helemal te maklik oor dit waarvan hulle niks weet nie. Ek het dit probeer en dit het ongelukkig nie gewerk nie. Mens werk hard om uit daai gat te kom maar soms voel jy net lus om op te gee want ‘n miljoen goed gaan deur jou gedagtes en jy weet nie hoe om dit stil te maak nie.

Sterkte vir julle. Mag julle goeie herinneringe julle omvou in dae van verlange en seer.

Ekke ·

My innige simpatie met julle bittere groot verlies Sarie. My boetie het ook Feb 2007 selfmoord gepleeg, en 2 kinders agtergelaat. Dit is ‘n devastation wat ek nie eers my grootste vyhand toewens nie. Ons het ook geen brief en geen rede, en na amper 10 jaar raak dit bietjie makliker want jy leer om op te staan en aan te gaan. Dit vat nie die seer weg nie, en die verlange raak net meer. Jy raak gewoond aan ‘n “nuwe normaal” want niks is ooit weer normaal of soos dit was nie. Baie sterkte vir julle pad vorentoe en jammer dat julle moes deelword van die “klub”. x

m ·

Boelies in skole is n baie groot probleem en hier is nou weer n duidelike gevolg wat gebeur. Dis so onnodig en dis asof die onderwyswers ook nie altyd opgewasse is om hierdie probleem te kan hanteer nie. Luister as jou kind kla oor n geboelie en sorg dat dit uitgesorteer word want dit raak net erger as jy nie aandag daaraan gee nie. Kinders kan baie gemeen wees en moet reggehelp word. Dis regtig n groot probleem wat by die dag net erger word want kinders word nie meer gedissiplineer by die huise nie en wil hulle swak maniere by die skole op hulle skoolmaats kom uithaal………….

Anna ·

My kleinseun is ook geboelieby skool. My dogter het met die juffrou gaan praat en hasr ingelig oor boelie in gr 1. Sy het gese sy sal n bietjie uitkyk daarvoor, maar toe raak dit erger ek het genoeg gehad en is na die hoof toe, wat n terleurstelling kry jy ook die hoof. Vra vir my kleunseun wat doen hy dat hulle hom boelie hy se toe hy doen niks waarop hy se maar jy doen iets verkeerd. My dogter vra sal jy goed voel as jou broodjies uit jou kosblik geklap word, wel my kind se alles so hy het n ma wat vir hom staan . EK toe nou al lekker opgewerk oor sy houding se vir hom , Goed as my kleinseun weer kom kla hulle skop en klap en trip of enige iets sien jy my in jou kantoor saam met my advokaat en polisie dan le ek n klag van kindermishandeling want jul as opvoeders by skool is verantwoordelik vir my kleinkinders vanaf ek hulle by die skool aflaai tot die klok vanmiddag lui om te se nou is die skool nie meer vir hulle verantwoordelik nie. Wel dit was julie die jaar en nog nie weer is hy geboelie nie

AMY ·

Ek wens so boelies wil die gevolge van hul dade besef. My sus se seun van twaalf word ook geboelie by die skool met byname. Dis so erg dat hy homself begin sny het.

Freda ·

Ag nee – jou sus moet haar kind dadelik by ‘n sielkundige kry anders gaan hy/sy permanente skade kry. Dit is rerig baie hartseer. Hulle moet die skool ook dreig met prokureur en polisie as die hoof of onderwyser niks aan die saak doen nie. Baie sterkte!

Uvonka ·

Boelies en hulle ouers moet uit die sameleweing verwyder word

Bella ·

Ek stem! My dogter was ge-boelie in Overkruin Hoërskool. Sy het op n punt gekom waar sy amper haar eie lewe geneem het en ons het alles met die hoof en onderwysers probeer maar die boelie was beskerm! Ons het my kind uit die skool gehaal en in n privaat skool gesit en sy het haar matriek daar klaar gemaak en sy was baie gelukkig. Sy is vandag n pragtige vrou en swanger met haar eersteling. Boelies is vieslike mense en hulle ouers is erger as wat hulle is!!!

Danie ·

Dankie M,
Dit is die oorsaak van die probleem.
Ek wag nou om te sien hoeveel mense jou gaan kruisig daaroor.

Ekt Leukemia gehad as 7 jarige ·

Ekt Bloed kanker,Akute limfoblastiese leukemia (ALL) gehad as 7 jarige. Eerstens wil ek onder julle aandag bring dat kinders wat kanker oorleef weet van die dood en wat dit veroorsaak. Tweedens die eerste boelie wat ek tee gekom het was ‘n volwassene, vriend van my ouers wat vir die sonde in die huis? gebid het. Die VROU het veroorsaak dat ek as kind, toe nog nie 7, (ek verjaar Februarie, dit was Januarie) vir my ma laat vra het “Mammie, wat het ek verkeerd gedoen. Ek is reg deur my skool loopbaan geboelie deur kinders en hulle ma’s en die onderwysers. Die punt is dit vat ‘n gemeenskap om ‘n kind groot te kry, maar dit vat ook ‘n gemeenskap om ‘n kind so af te breek dat sy wil selfmoord pleeg. Ek was 12 toe kry my Oupa my met my pa se pistool in my klere kas. My kamer deur was toe sowel as my kas deur. My Oupa (91) wou vir my dankie se oor ek my Ouma wat in ‘n rolstoel was gehelp het, om skoon te kom. Ek wou selfmoord pleeg want ek kon nie meer my afrikaanse onderwyser se sneudige kommentaar hanteer oor my handskrif. Die leukemia het my rug werwels laat inmekaar val omdat dit die kalsium uit my bene gehaal het. Die onnie se kommentaar het veroorsaak dat die laerskool en hoërskool kinders my emosioneel afbreuk.

Carlolientjie ·

Ek is so bly dat jou Oupa jou gekry het. Jy is hier om HOOP te gee vir ander wat in ‘n soortgelyke situasie as jy was (of dalk nog is). Jy kan begrip toon, want jy was self daar! Dit is wat slagoffers nodig het. Iemand wat kan LUISTER…wat verstaan en wat kan help. Daar is ‘n goeie rede waarom jy vandag hier is. En ek is dankbaar vir jou getuienis. Mag jy van krag tot krag gaan en jou lewe VOLUIT lewe. Met ‘n groot glimlag op jou gesig en met vrede in jou hart, want jy is kosbaar en spesiaal!

Lizaan ·

Dis my Punt skoole doen niks aan sulke gedrag van kinders wat ander boelie nie.
Van altyd boelie en afkraak raak daai tiepe kind ‘n gemors hulle kry dit reg as hulle klein is en raak better as hulle groot word. Ek persoonlik dink skoole moet meer aanspreeklik gehou word vir boelie gedrag

Jean ·

BOELIES is niks anders as kriminele nie. Hoeveel kinders se lewens moet dit nog kos? Sluit hulle toe en gee hulle intense behandeling, dalk kom hulle eendag reg. Hierdie arme kind en haar ouers is deur hel met kanker, dit is ‘n wonderwerk dat sy leef, dan ag ‘n BOELIE homself die reg toe om haar lewe nog verder hel te maak. Dit word te ligtelik opgeneem in skole, die onderwysers lag dit af. En ja alhoewel dit altyd die ouers se SKULD is, moet die ONDERWYSERS optree in die tyd wanneer die kinders in hulle sorg is. Gee nie om wat enigiemand sê nie, hulle moet die dissipline by die skool handhaaf.

Mag die wiel maar draai, en julle altyd onthou dat julle die lewe van ‘n pragtige dogter gekos het. Dit sal terugkom na jou toe eendag, die lewe werk maar net so! Rus in vrede .. jy was pragtig en sal altyd mooi in God se oë wees!!

Tammy ·

Dit is n feit…problem kinders kom uit probleem ouerhuise. Die probleem ouer dissiplineer en voed nie sy kinders op nie. Die onderwysers mag niks aan die onbeskofte bloedjies doen nie, en ek verwys na die skrywe hier bo waar verwys word na onderwysers!! Ouers kom skool toe en vloek op die onderwysers voor hulle ongeskikte kinders, as hulle enigsins probeer om dissipline toe te pas. Weereens die boelies word so geleer en dit word deur die ouers as reg gesien. Ek het jare gelede gese “jaag die slegte kinders net eenvoudig weg ” Doen n bietjie navraag…..dis ook hierdie klomp boelies wat nie gereeld of enigsins hulle skoolfond betaal nie.

S ·

Jammer, ek stem nie saam nie. My seuntjie is geboelie van 5 jaar oud af deur ‘vooraanstaande mense van die gemeenskap’ se kind. Ek het met hulle gesels, hulle het verstaan, saam gebid en die kind was baie jammer – tot die volgende dag. En die volgende ens. Boelies is sigopate wat presies weet wat hulle doen. Die kind is heeltemal anders (te dierbaar vir woorde) wanneer sy ouers by is en ñ regte skorrie alleen net die seuns.

L ·

As ma van ‘n seun wat geboelie is omdat hy ‘n ‘nerd’ (baie slim, baie maer en speel nie rugby nie) is, wil ek raad gee aan ouers. Die belangrikste – sorg dat jy ‘n BAIE, BAIE goeie verhouding met jou kind het. Dit begin van baba-dae en moet aanhou as hulle tieners word. JY moet daarvoor sorg! Maak seker dat hy weet dit is die boelie wat die probleem het, nie hy nie. Bemagtig hom dmv ‘n sielkundige of berader wat jou kind kan leer om ‘terug te bons’. Bly op jou knieë!

Anoniem ·

Wens ek kon jou ontmoet, L. Jy klink soos ‘n vrou so na my hart. Hou goeie moed! Die wiel draai. My kind wat geboelie is, doen volgende jaar sy finale jaar as mediese student. Die boelie pak tans rakke by die PnPay.

John ·

Die skoolhoof moes die probleem vroeer al hanteer het. Die boeliery moes al van tevore plaasgevind het.

Anton de Vries ·

Sluit aan by @NickyDeKock op FB en help en ondersteun haar met haar #StopBullying projek.
Elke persoon se stem maak n virskil vir iemand daar buite. Dit kos geen geld nie.
Help “Nicky De Kock” ten minste het sy die guts om te probeer om n voorbeeld te maak en bullys uit te wys en trauma te stop.

n Feit ·

Nou vandat die meisie haar eie lewe geneem het nou wil die skool iets doen ontrent dit. Haar lewetjie is weg, die skool was bewus van die geboelie maar het niks omtrent dit gedoen nie. Daar was tot gesè daar mag nie plakkaarte op gesit word. Baie skole is geneig om net niks te doen wann hulle hoor daar word n kind of kinders geboelie in n skool nie. So hartseer. My hart gaan uit vir die gesin. Sterkte.

Karma ·

Neem daai skoolhoof in hegtenis sodat hy aan die hof kan gaan verduidelik waarom hy nooit daadwerklike tugstappe geneem het nie!

Elize C ·

Karma, ek stem 100% met jou saam! Selfs al is die skuldige persoon wie ‘n motor-ongeluk veroorsaak, oorlede in die ongeluk, word daar steeds ‘n strafregtelike saak vir strafbare manslag gemaak. My gevoel is ook: ‘n persoon is dood agv iemand se direkte optrede. Daardie persone moet aangekla word van strafbare manslag, indien minderjarig, hulle ouers saam met hulle. Indien die ouers werklik nie van ‘engeltjie’ se boelie-gedrag buite die huis geweet het nie, sal dit ‘n vinnige ‘eye-opener’ wees. Die ander maats by die skool weet gewoonlik almal wie is die boelies in die skool en sal kan getuig daarvan – anoniem. En ‘n onderwyser/skoolhoof onder wie se aandag dit gebring is, maar dit afgemaak het as ‘onderlinge kinder-twis’, het GEEN verskoning nie. Die boelie het die pyn en seer in sy slagoffer se oë gesien, en gelag daaroor, hy moet verantwoording doen!

Karma ·

Haai nee, “Karma” – jy kan darem nie so my skuilnaam steel nie … ek was eerste hier! :-)) Ek sal nou maar sê ek is Karma1

Carlolientjie ·

My dogtertjie is 5 jaar oud en kry in die aande nagmerries van 2 boelies by haar skool. Met die Skoolhoof gepraat…sy trek haar skouers op en maak dit af as “jaloesie onder die kinders, en hulle moet maar self hulle “verskilletjies” onder mekaar uitsorteer.” My kind is oppad Laerskool toe (graad R) en ek sit haar spesiaal in ‘n skool waar ek weet DAARDIE 2 maatjies nie gaan wees nie. Maar hoe beskerm ek haar teen ander boelies, as dit die skole en personeel se houding ten opsigte van so ‘n probleem is? Ai, so hartseer om artikels soos dié te lees!

Marlene ·

Dit is so hartseer. My 7 jarige word nou al in 2 verskillende lande by die skole geboelie. As n ouer eet dit my op van binneaf. Ek rapporteer dit maar die skole doen niks omtrent dit nie. Dit is amerikaanse en britse engelse internationale skole wat veronderstel is om goed te wees.
Ek dink boelies moet tronk toe! Hulle doen meer skade aan n mens as iemand wat my handsak steel!!!

Kleine Rosie ·

Dit is ongelooflik hartseer, en die kinders wat geboelie word wat nie die keuse maak om selfmoord te pleeg nie gaan aan met hulle lewens, maar is geskend vir die res van hulle lewens. Ons moet ook nie vergeet van die Onderwysers wat boelies is nie. Ek lewe met die emosionele en sielkundige skade wat ñ Onderwyseres aan my gedoen het. Sy het haar emosies agv haar huwelik wat verbrokkel het op my en ñ ander skolier uitgehaal. Die kinders het net aangegaan waar sy opgehou het. Ek is 31 jaar oud en het verkeie sielkundiges en psygiaters gesien, op baie medikasie gewees maar niks het gehelp nie. Al wat ek dink sal help is om hulle te konfronteer, maar weet op die ou einde sal ek soos die slegte persoon uitgemaak word. My hart bloei vir die kinders wat so geboelie word.

Geen boelie hoort in samelewing... ·

Wel my dogter was geboelie deur n seun sy was toe 8, haar bene was potblou soos hy haar geskop en slaan het, my man is skool toe hy het n grooot bohaai gemaak… hy sou daai deun n helse pakslae gegee het op sy sterre … sy ouers en hy is gewaarsku tot nou nog nie weer n boelie aan een van my dogters geraak nie… Ons sal ons kinders beskerm maak nie saak of ons in tronk beland nie maar NIEMAND sal ons kinders boelie nie!!! OUERS BESKERM JUL KINDERS!!!

E.K. ·

Bitter hartseer, arme kind. My seun was ook geslaan en geskop as deel “van ontgroening” in st 6 en klagtes is ook maar skouerophalend behandel. Mens moet begin “name and shame” – wys die boelies uit. En dis gewoonlik pappie en mammie wat groot vrinnie met die skoolhoof is of “baie bydra” tot skoolfonds wie se kinders boeilies is en dus word dit oorgesien. Mens moet uitpraat, as die skool nie help sorg dat dit oral uitkom.

Danelle ·

Dit is bitterlik baie hartseer le ek in trane. Ek is geseen met ‘n gesin wat my boelies persoonlik met hul ouers aan gevat het. Dit het gehelp. Sterkte aan die ouers wat tans deur dit loop. Ek bid dat dit sal verbetter.

annie ·

My kind ook geboelie.My man het een oggend voor skool saam met haar ingestap na haar klas en baie ferm en baie kwaai vir Boelie gesê die Polisie gaan jou kom vang as jy weer aan my kind raak. Dit was gr 2. Boelie het onmiddellik gestop. Ek besef dit kan nie in alle gevalle so opgelos word nie,maar oorweeg ‘n klag van Crimen Iniuria of aanranding. Dit maak volwassenes betrokke(wat net skouers optrek) “wakker”

Peter ·

My kleinseun (7) was ook erg geboelie by sy skool, hy het autism en ruk sy handjies as hy opgewonde raak, een oggend sien ek dat 3 seuns hom takel in die rye, trane dal toe ek sien hoe hy gebukkend met handjies op sy kop keer vir al die houe, nie een onderwyser het gekeer nie, ek moes inspring en na a geskreeu op die boelies en onderwysers het dit gestop, hierdie is a aanhoudende hartseer wat hy moes deurmaak van die boelies, tot a onderwyseres skreeu eendag vir hom op die sportveld moenie jou hande so ruk nie did net a paar druppels wat val, gelukig het hy a papa wat sy man staan vir hom die het toe amper die skool omgekeer (die aanmekaaqr bielie by die skool was al met die skool bespreek) trots op my skoonseun hy haal dadelik my kleinkind uit die skool en ai die kleintjie is nou so gelukug waar hy nou is hy blom eleke dag meer daar moet erinstige aandag aan die boelies by skole gegee word opvoeding begin by die ouers

M van der Schyff ·

My kind is ook geboelie al was daar ‘n “boelie-beleid” by die skool. Ongelukkig was van hulle ouers onderwysers en op die een of ander raad. Dit was afgemaak dat sy ons manipuleer en klomp bog. Sy het twee maal probeer om haar eie lewe te neem, gelukkig was die Vader ons genadig. Skole neem dit nie ernstig op nie – die gevolge is tragies

#Bullysmustfall ·

As kind in SubA was ek, en heelwat van my klasmaats, deur ‘n seuntjie, wat SubA gedruip het, geboelie. My Pa het dit agtergekom en mooi verduidelik dat ons eers met hom moes praat. As hy dan weer dit moet ons hom almal gelyk takel. Ons het gepraat en hy het weer een van die kleineres geboelie. Ons almal het hom getakel, vir wat ‘n SubA se takel werd was. Na die tyd het hy ‘n bietjie gehuil sy knope vasgemaak en nooit weer dit gedoen nie. Ons het later eintlik groot vriende geword. Baie keer dink ek ‘n boelie is nooit geleer hoe om op te tree teenoor ander mense nie. Hulle doen maar wat hulle dink wat werk. ‘n Goeie pak slae, van wie ookal, is dalk net nodig om hulle die lig te laat sien.

Andrea ·

My seun is gespot en geboelie op skool.; in n wonderlike, Christelike privaatskool. Hy was kop en skouers langer as sy maats en groot gebou, soms vet. Sy selfvertroue het gedaal tot 0. Eendag, in graad 9, in n seunskool het n matriekseun weer op hom gespoeg. My seun het hom geslaan dat hy bewusteloos en bebloed in die gang gelê het. My seun het my benoud gebel. Ek was só trots op hom en het hom alle bystand, ook geregtelik belowe. Raai, dit was die laaste keer wat hy ooit geboelie is. Sy lewe het daai dag verander met n goedgeplaasde vuishou. Dis al wat gehelp het.

Elize C ·

Andrea, ek weet nie hoe oud jou seun nou is nie, maar “Give that man a Bells!” ‘n Boelie is gewoonlik ook ‘n lafaard, net grootbek as hy ‘n maat as toeskouer het. Maar ongelukkig is dit hoofsaaklik die reeds teruggetrokke mensies met dalk ‘n reeds lae selfbeeld wat deur boelies ge-‘target’ word, omdat hulle weet die kind gaan maar terugstaan en stilbly. Maar jou seun se optrede is reeds presies wat so boelie nodig het, sit hom een keer behoorlik op sy plek, sodat die boelie sien hierdie persoon GAAN homself verdedig, of dit nou met ‘n vuishou of met ‘n goed bewoorde antwoord is, en die boeliery staak dadelik, veral as die boelie besef heelwat ander toeskouers het ook gesien hoe word hy/sy op sy/haar plek gesit.

Annelize ·

My oudste is so geboelie op laerskool by die na-skool sentrum. Ek het een middag sommer self die boelie bymekaar gemaak, en hom ‘n behoorlike preek afgesteek. Sal die na-skool juffrou my nie reken, maar shame, die kind se pa is onlangs oorlede nie. Ek reken haar toe reguit nou moet my kind nou maar as slaansak staan vir die kind? Hoe moelik die omstandighede ookal is, die kind se ma moet mos nou juis onder die omstandighede leiding gee, hy kan nie sy woede en frustrasies op ander kinders uithaal nie. Ek het die na-skool juffrou ook baie mooi laat verstaan dat indien die ma ‘n probleem daarmee het dat ek haar kind berispe het, weet hulle hoe en waar om my in die hande te kry. Ek wag tot vandag toe vir die vrou, maar nodeloos om te se, die geboelie het dieselfde middag nog gestop. Ek mors nie my tyd om te gaan kla by die skool nie, as daardie boelie groot genoeg is om ander kinders te boelie, dan is hy mos mooi groot genoeg om self die nagevolge te hanteer.

peanut ·

Ek le n boelie se gedrag direk voor sy/haar ouers se deur. As hulle hul bloedjie met empatie, deernis en self-waarde groot gemaak het, dan was daar nie boelies nie.

Gaan kyk maar regdeur die wereld; jou boelies is die mense wat self n fisiese of emosionele knou toegedien is – ongelukkig maar n realiteit. Kom ons probeer eerder die boelie se ouers agter tralies kry en die boelie in berading.

phyllis ·

Andrea jy is 100% reg. Die boelies in skole is die gewildste onder die kinders. Die skool waarin my dogter is het van daai kinders. Hulle is leiers in die skool;..veronderstel om n voorbeeld te wees,maar hulle boelie ander kinders. My dogter loop gereeld deur. Sy kla elke dag by my vir die afgelope 3 maande dat hulle haar allerhande name noem en afkraak. Name wat nie by n regdenkende mens hoort nie. Ek het nou al die skoolhoof gaan sien en selfs die onderwyseresse,maar daar word niks aan gedoen nie. Ek sien deur watse he’ll my kind elke dag gaan en dit maak seer om te weet daar word niks aan gedoen nie. Al wat ek kan doen is my kind moed inpraat en opbou waar hulle afbreek. My innige simpatie en meegevoel gaan uit aan die familie en vriende van die gesin. Mag daai boelies kry wat hulle toekom. Hoop hulle gewete ry hulle goed

Elize C ·

Phyllis, vergeet die onderwysers en skoolhoof. Gaan wag die boelies een middag na skool in – buite die skool-terrein – en praat op ‘n bedaarde, opgevoede manier met hulle, voor al hul skoolmaats. Geen geskreeuery, name noemery of sleg-sê-ery nie. Sê reguit wat jy dink van hul optrede en dit in hul leiers-posisies, en vra hulle om hul optrede aan jou te verduidelik, dring aan daarop dat hulle jou antwoord. Mens moet mos mens se dade kan verduidelik?! Want hulle gaan jou NIE kan antwoord nie. En DIT gaan hulle in die aarde wil laat wegsink van skaamte, omdat hulle gaan weet nou het ‘n volwassene hulle (wat DINK hulle is ‘groot’) aangevat voor al hulle maats wie hulle wou hê moes dink hulle is tog SO oulik, en hulle voor almal verneder, sonder sleg-sê, sonder dreigemente, net bloot vir almal bewys het dat hulle nie hul eie optrede kan regverdig nie.

Anoniem ·

Dit is baie maklik vir almal om die onderwysers die skuld te gee…maar waar is die ouers? Skole se hande is afgekap ten opsigte hiervan. Net soos in die regstelsel, kan onderwysers niks doen sonder geldige bewyse nie. Wat moet hulle doen? Wanneer jý as ouer hoor van jou kind wat fisies of emosioneel afgekraak word gaan jy dit seker nie net noem aan ‘n onnie nie? Jý gaan sekerlik jou mond groot oopmaak en die bullie se OUER aanspreek daaroor? Tog altyd so maklik om net vinger te wys. Hierdie gedrag ontstaan a.g.v omstandighede buite die skool, dit is waar dit opgelos moet word. Natuurlik moet ‘n opvoeder inspring indien hul iets sien gebeur, dit is nie waarteen ek stry nie. Maar om nou te se die skoolhoof moet in die moeilikheid kom is onsin, tensy hy geldige bewyse gehad het van voorvalle is sy hande afgekap.

phyllis ·

Anoniem ek stem saam met jou dat dit nie die skoolhoof of onderwyser se skuld is dat daar boelies is nie,maar dis hulle plig om die ouers van die kinders in kennis te stel dat hulle kinders ander kinders boelie en seermaak. Maar soos in baie skole is daar kinders wat voorkeur kry omdat hulle ouers geld het en die skool kan volstop. Dan is hulle mos bang hulle verloor daai geld as hulle die arme bloedjies beskuldig van so iets. Elke skool het sy vrot appels. As jy nie kinders het nie dan sal jy nie verstaan wat ek bedoel nie.

Cor ·

Ek is onderwyser en al 4 my kinders is by dieselfde skool. My twee meisiekinders word vreeslik geboelie en ek persoonlik mag nie betrokke raak nie want dan druk ek my neus oral in. Die een spesifieke seun is ‘n frustrasie vir almal in die skool want hy is arogant, ongeskik en neem altyd die houding van “wat het ek nou alweer verkeerd gedoen?” in. Hy besjuldig nou my meisiekind dat sy dit altyd 1ste begin en alhoewel van haar vriendinne daar en dan gesê het dit is nie waar nie is hulle te bang om iets hardop te sê. Sy meisie het nou die dag net sulke regte vieslike goed oor my ander dogter gesê en vandag by my kom kla oor die bakleiery in die klas asof botter nie in haar mond sal smelt nie. ek weet my kinders is nie engeltjies nie maar ek weet ook dat hulle weet ek laat nie ‘n geboelie toe nie en ek vertel hulle elke dag moenie aan ander doen wat jy nie aan joyself gedoen wil he nie maar ek het hulke ook geleer dat hulle hulleself mag verdedig. Die boelie vertel vandag vir onderwyser sy ma-hulle gaan volgende jaar iets aan die skool of by die skool kom doen maar dit is ‘n geheim. Ek is moeg vir ouers en kinders wat dink hulle kan mense afdreig. Ek is moeg vir kinders wat dink hulle kan doen net wat hulle wil.

Sue ·

Nie alle skole draai die ander wang nie. N leeftyd gelede toe my seun in graad twee was het die skoolhoof en onderwyser ons meegedeel dat my seun geboelie is. Ons het saam plan gemaak en die boelies het later sy pelle geword..en geen meer ander kinders geboelie nie. Boelies kom uit hartseer huise met hartseer harte skool toe. Hulle kan nie op so jong ouderdom woede van huislewe verwerk nie..en dus verwerk hulle dit met mag op ander by die skool uit. Dankie ir my kind se skool wat omgegee het. Vir beide die boelies en die slagoffer.

Oplossing? ·

Nou se dae is daar die ‘lyfkamera’ (body camera). Sou dit nie die oplossing wees?

koekie ·

in al die skole gaan dit so in vanderbijlpark ook want baie van die boelies se ouers dink dit is n groot graphics en dit is nie skole onder wys er en skool hoofde moet wakker skrik en nie so slap wees nie dan sal dit beter gaan n Seker laerskool in cw6 vanderbijlpark gaan hoor net wat se taal word daar gebruik terwyl hulle vir hulle kinders wag dit is skrikwekend

marlene ·

My seun was in laesrskool geboelie.Ek het raad gegee dat hy moet wegloop nie terug baklei nie.Dit was die swakste raad. Sy pa het vir hom gesê as die outjies hom weer boelie moet hy hul terugslaan anders gaan hy hom pakslae gee. (My man het ons kinders nog nooit pakslae gegee nie.) Dankie Vader vir die goeie raad wat my seun gekry het. Met die volgende boelievoorval het my seun die outjies terug gefoeter toe het die boelies gestop. In die hoërskool het my seun met die ”rowwe manne” in die skool bevriend geraak; dit was sy plan om hulp te hê sou daar boelies wees. Die boelies het toe gekom en gou-gou is die vuurtjie geblus. My seun het met sy 1ste dag in hoërskool gesê :”Mamma ek sal nie in die hoërskool geboelie word soos in die laerskool nie.” Ek is so dankbaar vir die “rowwe manne” wat meestal uit graad 10-12 leerders bestaan het wat my seun by hul groep ingeneem het. Hulle was nie boelies nie het kinders bygestaan en touwys gemaak oor hoe om vir hulself op te staan. Soms is terugslaan beter as om die ander wang te draai.My seun is in matriek en hy het ook nes die rowwe manne ander kinders al gehelp. Ek is ‘n trotse ma van ‘n rowwe man seun wat optree teen boelies.

Doc ·

Hierdie is nou baie arbitrêr, maar Maroela media, maak net seker dat julle nie die verkeerde kant van die gesig het nie. Met senuweeskade kan die gesigspiere nie meer bweeg nie, dus sal haar spiere nie die haar kan laat gesigter trek aan daardie aangetaste kant nie. As ek na die foto kyk is dit eerder haar linkerkant wat aangetas is.

PS: Boelies is oral en ons moet hard veg om hulle uit ons skole, werksplekke en lewens te kry! Moedig altyd jou kind aan om oop en eerlik sonder om bang te wees met jou te praat, en gaan gee enige vorm van boelie aan by die autoriteite!

‘n Observerende dokter*

Lindrei ·

Ek het nou die dag ‘n berig gelees oor ‘n Amerikaanse mamma wat moeg was vir die skool wat cyberbullying toelaat en sy het die kinders asook ouers van daie boelies gedagvaar sy wag tans vir die saak om voor te kom in die hof dis iewers nou in November wat dit gaan plaasvind. Ek hoop en bid my seuntjie 4 sal nie daardeur moet gaan nie…ek dink ek sal dieselfde doen as daai mamma en hulle dagvaar. Sterkte vir almal wie se kinders geboelie word wens daar was ‘n skool wat dit nie toelaat nie in SA

Woedend ·

My dogtertjie was laasjaar in GR2 so geboelie het op haar dagboekie afgekom en my lewe het verander oor sy op 8 nie meer wou lewe nie. Skool het nie regtig iets gedoen tot ek my poppe behoorlik uit die kot gegooi het nie. Vandag is die emosionele letsels nogsteeds daar en die boelie nogsteeds n boelie maar gelukkig nie in haar klas nie. Maak my woedend! Sy word natuurlik geboelie en blootgestel aan seer en nou moet ander kinders watse ouers hulle met soveel liefde en en en grootmaak die simpatiekes wees en probeer verstaan. Ek verstaan Niks! Daai boelies se ouers moet reg gesien word!

Charlla ·

Ek is nou 28. Ek was op Laerskool geboelie, en op Hoërskool. Wortelkop, rooikop kerrie kop, rooi krul hare en sproete lok die boelies mos baie lekker…. ek onthou nog alles, en ek onthou die wat dit gedoen het ook almal! Ek praat nie somer met mense nie, ek is terug getrokke en baie mense veroordeel my daaroor – nou omdat ek nie met mense kan praat nie dink ek, ek is beter as hulle. Maar agv die slegte gemors boelies kan ek glad `n normale gesprek voer nie. Ek lui aan depressie en ek haat myself. Die skade wat boelies aan rig bly, dit gaan nooit weg nie. Ek leer my kind baklei, en dat jy nooit maikies mag spot nie. My kind sal nie eindig soos ek nie, ek sal sorg dat niemand op haar trap nie! Enigeste verskil is, ek het nooit genoeg guts gehad om my eie lewe te neem! Die boelies moet gestraf word maar in vandag se tyd beskerm die skool en die hoof en die onnies die boelies moes, die kinders wat geboelie word is niks nie. Die skool gee meer om oor boelies en hulle gevoelens en hulle regte! `n kind moet nie eens op so `n ouderdom aan selfmoord kan dink nie. ek hoop daai kinders word gebrand merk en moet moet dit die res van hulle lewe saam leef – ek hoop hulle gaan alles deur wat daai arme kind deur gemaak het.

Liza ·

Ek kan boeke vol skryf oor kinders wat geboelie word! Dit is vandag nie meer die fisiese aanranding wat erg is nie, nee dit is die verbale aanranding wat gebeur. Dit is die mooi, gewilde, blondekop dogtertjies of seuntjies wat voor onderwysers en hul ouers nie botter in hul monde kan smelt nie, wat agter af is en kinders tot selfmoord dryf. Vra my ek weet!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.