Kannibaal-Spanjaard in hof oor ma se moord

Alberto S.G. (Foto: Spaanse polisie via Policia Nacional/Twitter)

Waarskuwing: Die berig se inhoud kan kinders of sensitiewe lesers ontstel.

Spaanse staatsaanklaers eis ʼn vonnis van minstens 15 jaar vir ʼn man wat sy ma verwurg, haar liggaam opgekap en toe haar oorskot geëet het.

Die beskuldigde, Albert S.G., se hofsaak het vandeesweek in Madrid begin. Hy staan ook bekend as die “kannibaal van Ventas”, na aanleiding van die distrik waar die polisie op die bloedbevlekte woonstel met die grusame oorskot afgekom het.

Hy staan tereg op aanklag van moord en dat hy ʼn liggaam geskend het.

Volgens die hofdokumente het die voorval vroeg in 2019 plaasgevind toe hy en sy 69-jarige ma baklei het in hulle woonstel in Ventas, langs Madrid se bekende arena vir stiergevegte.

Tydens die konfrontasie het hy sy ma verwurg en haar in die slaapkamer in gesleep waar hy ʼn saag en twee kombuismesse gebruik het om haar liggaam op te sny “om van haar liggaam ontslae te raak”.

“Toe hy die liggaam opgesny het, het hy oor ʼn periode van sowat 15 dae die oorskot geëet. Hy het die liggaamsdele in verskillende plastiekhouers in die huis en in die yskas gestoor,” lui die hofdokumente.

Hy het van die liggaamsdele ook in plastieksakke geplaas en dit weggegooi.

ʼn Polisiebeampte, wat in die woonstel was, het Woensdag in die hof getuig. Hy het gesê die verdagte het aan hulle gesê hy het van die oorskot rou geëet, terwyl hy ander dele gekook of vir die hond gegee het, het plaaslike media berig.

Die beskuldigde is op 23 Februarie 2019 in hegtenis geneem toe polisie by sy huis opgedaag het om ondersoek in te stel ná sy ma deur ʼn vriendin as vermis aangemeld is, het plaaslike media in daardie stadium berig. Toe hulle by die deur gevra het of sy ma tuis is, het hy ja gesê en hulle in die woonstel toegelaat.

“Ons het op ʼn verskriklike toneel afgekom,” het ʼn polisiebeampte aan die Telecinco-nuuskanaal gesê. Volgens die polisie is die beskuldigde bekend daarvoor dat hy dwelmprobleme het.

Staatsaanklaers eis tronkstraf van 15 jaar en dat hy vergoeding van €90 000 (sowat R1,5 miljoen) aan sy ouer broer moet betaal.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.

11 Kommentare

jongste oudste gewildste
Blikke

Hoe siek kan jy wees?

marius

Genade tog !

Tiptol

Dwelms.

katerinadiekat

He must be Severely mentally ill. A sane person does not kill their own mother in the first place, no matter how bad the argument. And Eating the body..absolute insanity.

OW

Lyk na ‘n tweede Jeffrey Dahmer geval.Vyftien jaar tronkstraf.Belaglik.