Kanse groter vir Kaliforniese aardbewing

San Andreas-fout Foto: bodysmartinc.com

San Andreas-verskuiwingsvlak Foto: bodysmartinc.com

Die kanse dat Kalifornië deur ’n aardbewing van 8 of meer op die momentmagnitudeskaal getref kan word, is groter as wat tot dusver gedink is. Volgens ‘n nuwe studie deur die Amerikaanse USGS is die kanse 7% in die volgende 30 jaar, teenoor ’n vorige beraming van 4,7%.

Met die nuwe studie is rekening gehou met die “aanslaan-effek” van aardbewings wat hul oorsprong in ander verskuiwingsvlakke as die bekende San Andreas-verskuiwingsvlak het.

Die USGS het in die jongste tyd baie energie spandeer aan die ander verskuiwingsvlakke – ook in ander dele as Kalifornië, nadat die grootste aardbewings in hierdie kleiner verskuiwingsvlakke ontstaan het – ook een waarvan die USGS voorheen ook nie bewus was nie.

Volgens ’n woordvoerder van die USGS was Kalifornië die afgelope eeu gelukkig wat werklike groot aardbewings betref, maar hulle is bewus daarvan dat die verskuiwing voortgaan en besig is om die “vere te span” wat groot aardbewings onvermydelik maak.

In 1906 is San Francisco deur ’n aardbewing getref wat 3 000 lewens gekos het. Dit was voor enige metingskaal vir aardbewings ontwikkel is, maar dit word geraam dat dit M 7,8 was.

Die volledige verslag kan hier gelees word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.