Kanye West wil president word

Kanye West (November 2019) (Foto: Evan Agostini/Invision/AP, File)

Die kletsrymer Kanye West het Saterdag op Twitter gesê hy gaan deelneem aan die presidentsverkiesing in die VSA.

“Ons moet nou die belofte van Amerika realiseer deur op God te vertrou, ons visie te verenig en die toekoms te bou. Ek gaan deelneem aan die VSA-presidentsverkiesing,” het West op Onafhanklikheidsdag geskryf met die hutsmerk #2020VISION.

In 2018 het West, een van ʼn paar hoofstroomkunstenaars wat Trump openlik ondersteun het, aangekondig hy distansieer homself van politiek net weke ná hy ʼn “Make America Great Again”-pet gedra en sy liefde vir die president verklaar het in ʼn ongewone vergadering in die Oval Office.

Ná die besoek aan die Withuis het hy gesê hy het besef hy is “gebruik” om boodskappe te versprei waarin hy nie glo nie. “Ek distansieer myself van politiek en sal ten volle fokus daarop om kreatief te wees.”

Die hip hop-kunstenaar het al tydens die 2015 MTV Video Music-toekennings gesê hy wil in 2020 deelneem aan die presidentsverkiesing toe hy die Michael Jackson Video Vanguard-toekenning ontvang het. Hy het later gesê hy was ernstig, maar dat hy dit nie sal doen tot 2024 nie.

Die 43-jarige musikant en entrepreneur is bekend vir sy vreemde uitsprake en dit is nie dadelik duidelik of hy regtig van plan is om deel te neem nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

22 Kommentare

Pieter ·

Hahaha, as ouens so op die draad sit en dan weer n ander dientjie sing.

JohanR ·

Kayne West het ‘n plan. Hy wil al die swart stemme wegneem van Biden af, sodat Trump oor die algemeen weer wen…..lekker man!

Aai ·

Johan jy is reg slim gedink Kanye en Pres.Trump kom baie goed oor die weg dit is soos jy se om Biden se stemme te vat.

Leon ·

Stel jou nou voor mas hy kletsrym toesprake maak. Miskien het Amerika hom nodig. Trump het ‘n ding begin en Kanye kan dit voortsit. Ek stem vir hom.

ES ·

Die mees skokkende feit is, hy het genoeg geld om ‘n presidensiele verskiesing self te kan befonds. En as hy, soos Trump, genoeg stemme kan kry is die moontlikheid goed dat hy ‘n kans sal staan.

Nie seker hoeveel politiese kennis Kanye het nie, maar ons lewe in vreemde tye, en deesdae in Amerika kan enigiemand enigiets word of doen.

Ek dink ons gaan nog die groot val aanskou van “the greatest country in the world” (in Trump se stem).

Stefan ·

So hy is bekend vir sy vreemde uitsprake.
Wel, dit maak hom mos uitermate geskik.

katerinadiekat ·

Wel ten minste gedra hy homself nie so creepy en pedofielagtig rondom klein dogtertjies soos Joe Biden nie.

gatgogga ·

Ek dink ons kan maar liewer stilbly.
Kyk na onseie presidente – en skaam jou.

Jacobus ·

Rêrig! Die media persoonlikhede is werklik onder die indruk dat as jy op ‘n verhoog kan optre en jou woorde mooi leer en ‘n geskrewe toe spraak kan uitspoeg kan jy president word. Ironies sal hy beter doen as Joe Biden. Amerika word by die dag meer lagwekkend. En hulle kan nie eers Apartheid blameer vir vernielsugtigheid.

Aai ·

Slim vat Biden se stemme weg van hom want Biden gebruik vel kleur om stemme te wen.Dan is daar meer vir Pres.Trump.

Adam Adriaan ·

Die Woord sê “Wee die land waar die slaaf koning word”

Jr ·

Dink aan die Kardashicomedians in the White House. Heaven help the world. Gone crazy

Elmarie ·

Met ‘n vrou wie die hele wereld al oor en oor kaalbas kon sien want sy pronk mos alte graag en so vuil mond op tv het, wie kan hulle respekteer? Sy eie lirieke laat veel te wense oor. En dan bring hul altyd die Skepper se naam erens in asof Hy nou alles wat hul doen kondoneer. America the great? Ek dink nie so nie!

Niklaas ·

Dink net hoe prettig gaan dit wees , in die Withuis is die Eerste dame se naam Kim Kardashian , wat nie juis ‘n non is nie. Aan die sy van President Kanye. En nie een van die twee indiwidue het nou eintlik ‘n vlekkelose verlede nie , pragtig.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.