Kaptein nog vermis ná vistreiler sink

Die Resplendent het naby Hentiesbaai in Namibië gesink. (Foto: Hangana Seafood)

ʼn Grootskaalse soektog na die kaptein van ʼn vistreiler is Woensdag voortgesit nadat dit ʼn dag tevore in die omgewing van Hentiesbaai langs die Namibiese kus gesink het.

Julius Ngweda, woordvoerder van die Namibiese ministerie van werke en vervoer, het volgens New Era gesê 26 Namibiese bemanningslede is gered nadat die skip, Resplendent, Dinsdagmiddag begin sink het. ʼn Sewe-en-twintigste persoon, vermoedelik die kaptein, word nog vermis.

Die skip behoort aan Hangana Seafood, ʼn filiaal van die Ohlthaver & List-groep.

Ander skepe in die maatskappy se vloot, Begonia, Victory en Fisher Bank, het die bemanning te hulp gesnel toe die skip vinnig in die Atlantiese Oseaan begin sink het. Hulle was reeds in dieselfde gebied.

Die oorsaak van die voorval is nog onbekend, maar daar sal binnekort met ʼn omvattende ondersoek na die voorval begin word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.