Kaptein van Suid-Koreaanse rampboot kry lewenslank

Foto: Suid-Koreaanse Kuswag

Foto: Suid-Koreaanse Kuswag

Die kaptein van die Suid-Koreaanse veerboot, die Sewol, is lewenslange tronkstraf opgelê vir moord.

Meer as 300 mense het in die ramp omgekom toe die Sewol op 16 April verlede jaar omgeslaan het.

Die aanklaer het die doodstraf vir Lee Jun-seok gevra. Hy dien reeds 36 jaar gevangenisskap vir nalatigheid uit.

Die meeste van die oorledenes was leerders op ’n vakansierit. Toe die boot in die moeilikheid beland, is die passasiers na hul kajuite gestuur, terwyl die bemanning self ’n ruk later die boot verlaat het.

Nog etlike bemanningslede is ook tronkstraf van wisselende tydperke opgelê.

Slegs 172 van die passasiers het die ramp oorleef.

Bron: ANP

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.