Karl Lagerfeld sterf

Die modeontwerper Karl Lagerfeld in November 2018 in Parys, Frankryk. Foto: Christophe Ena/ANA

Een van die wêreld se voorste mode-ikone, Karl Lagerfeld, het Dinsdag in die ouderdom van 85 gesterf.

Lagerfeld was die kreatiewe hoof vir die modehuise Chanel en Fendi en het nog tot sy dood gewerk. Hy was bekend vir sy gesogte modeontwerpe en bekende wit poniestert, kraakstywe boordjies en sy donker, enigmatiese sonbrille.

Die Duitse ontwerper was só ʼn enigma dat sy ouderdom dekades lank ʼn raaisel was. Daar is voorheen berig hy het twee geboortesertifikate gehad, een gedateer 1933 en die ander 1938.

Lagerfeld is wyd bestempel as een van die mees hardwerkende figure in die modewêreld. Hy was sedert 1977 by LVMH se Fendi-handelsmerk betrokke en sedert 1983 by Chanel.

Hy het sy glansryke loopbaan in 1955 by Pierre Balmain begin en volgens nuusberigte het hy meestal 16 uur ʼn dag gewerk om sy stempel in die bedryf af te druk. Sy artistieke talent, sakevernuf en ooreenstemmende ego het dit gou duidelik gemaak dat hy iemand is met wie rekening gehou moet word en dit was nie lank voor hy die modewêreld aan sy voete gehad het nie.

Dit is nie tans bekend wat die oorsaak van sy dood was nie, maar Lagerfeld het vroeër vanjaar twee van Chanel se modeparades in Parys misgeloop weens swak gesondheid.

Talle ontwerpers, modelle en Hollywood-sterre het hulle reeds tot sosiale media gewend om hulde aan Lagerfeld te bring.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

marco polo ·

Die oorsaak van sy dood was dalk ouderdom. Genade, die ou was 85 en het homself.dood gewerk.

Fran ·

Ek het soveel waardering vir sy talent gehad.
Ons eie Errol Arendz kan in dieselfde asem genoem word.

Lynne ·

Baie wyse man gewees! Sy motto was….”Elegansie is ‘n Gesindheid!”

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.