Katalaanse separatiste seëvier weer

Foto: Xinhua/Guo Qiuda

Dit lyk of die wyse waarop Spanje in Katalonië ingegryp het die inwoners van Barcelona, en veral die omstreke, net nader aan separatistiese partye gedryf het.

Spanje het onder meer Katalonië se selfregering opgeskort.

Die separatistiese partye het in die pas-afgelope verkiesing egter selfs effens beter gevaar as in 2015, en dit ondanks die mening van die afgesette Katalaanse premier, Carles Puigdemont, dat hierdie verkiesing in die moeilikste omstandighede denkbaar plaasgevind het.

Puigdemont bevind hom in Brussel, en sal in hegtenis geneem word indien hy sy voete in Spanje sou sit. Van sy oud-ministers bevind hulle agter tralies of ook in die buiteland.

Waarskynlik die enigste staatsman wat Puigdemont gelukgewens het met die uitslag van dié verkiesing is Geert Bourgeois – ʼn lid van die Nuwe Vlaamse Alliansie, of te wel die N-VA. Die media meld wel dat beleggers teleurgesteld is met die uitslag.

Die separatiste het wel die meerderheid setels ingepalm, maar nie die meeste stemme nie. Die separatiste se steun is hoofsaaklik in die platteland gesetel waar setels minder kiesers het.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.