Só skryf Joachim Springer in ‘n omvattende artikel in Trouw.
Die idee is om veral spelers uit Afrika te werf, wat andersins waarskynlik nooit die geleentheid sou kry om in die toernooi te speel nie. Katar, as gasheerland, speel outomaties in die eindtoernooi.
Aan die spits van die talentsoekers staan Josep Colomer, voorheen talentsoeker vir Barcelona.
Na berig word, is 430 000 jong sokkerspelers in sewe Afrikalande reeds in die eerste jaar geïdentifiseer, en op die oomblik bestaan die register uit meer as ‘n miljoen spelers.
Katar het ‘n geskiedenis dat hy sportlui betaal om onder sy vlag deel te neem.
Om vir Katar te kan sokker speel in die wêreldbeker, moet ‘n speler van sy agtiende jaar af vir vyf jaar in die land gewoon het. So ‘n speler mag ook nie vir sy land van herkoms gespeel het nie.
Die spelers word aan allerlei geleenthede, soos die Aspire Academy, blootgestel, of by Europese klubs “uitgeplaas”.
Katar beskryf dit as ‘n humanitêre gebaar, terwyl kritici dit mensehandel noem.
Die volledige artikel in Trouw kan hier gelees word.