Kate swanger, in hospitaal

Die St. James-paleis het bekendgemaak dat Prins William en sy vrou Kate, hertogin van Cambridge, hul eersteling verwag.

Die paleis sê in ʼn verklaring dat Kate tans in ʼn hospitaal in Londen behandel word vir ʼn erge vorm van oggendnaarheid. William en Kate se eersteling sal naas sy of haar pa en oupa, Prins Charles, die opvolger wees tot die Britse troon. Die bevestiging van Kate se swangerskap kom nadat ʼn beweerde vriendin van haar einde verlede maand aan ʼn skinderkoerant gesê het die hertogin is swanger.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.