Kate, William deel troufoto vir huweliksherdenking

Kate Middleton en Prins William, nou die prins en prinses van Wallis, op hul troudag in 2011. (Foto: Instagram/@theprinceandprincessofwales)

Die Britse prinses Catherine en haar man, prins William, het Maandag ter viering van hulle 13de huweliksherdenking ʼn foto van hulle troudag gedeel wat nog nie voorheen met lede van die publiek gedeel is nie.

In dié wit-en-swart portretfoto staan prins William agter sy bruid in ʼn vertrek van die Buckingham-paleis. Catherine het onlangs die ganse wêreld geskok met ʼn video waarin sy bekend maak sy is met kanker gediagnoseer.

“Vandag, 13 jaar gelede!” lui die onderskrif van die foto wat op sosiale media gedeel is.

Nes met talle ander geskiedkundige gebeure, onthou sommige mense nog presies waar hulle was die dag toe prins William op 29 April 2011 die eerste Britse koninklike geword het om trou aan ʼn vrou wat nie adellike bloed het nie, te beloof.

Elf jaar en drie woelwaters later is hulle steeds een van die wêreld se gewildste paartjies en kernrolspelers in die toekoms van die Britse monargie.

Dit is boonop die tweede opeenvolgende week wat koninklike aanhangers bederf is met ʼn kiekie uit die paartjie se kraal.

ʼn Nuwe foto waarin die skattige klein Britse prins Louis van oor tot oor glimlag, is verlede week ter viering van sy sesde verjaardag vrygestel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

NelNel ·

Oulike mense. Mag hulle droogvoets uit hierdie siektefase kom.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.