Katolieke Kerk mag nie gays trou – Vatikaan

Pope Franciskus  Foto: (AP Photo/pool/Alberto Pizzoli)

Die Vatikaan het Maandag gesê die Katolieke Kerk is nie by magte om huwelike tussen mense van dieselfde geslag te seën nie.

Dit is omdat die Katolieke Kerk glo dit is onmoontlik vir God om “sonde te seën”.

Die kantoor van die Vatikaan wat met kerkleerstellings belas is, die Congregation for the Doctrine of the Faith (CDF), het in antwoord op ’n vraag oor huwelike tussen mense van dieselfde geslag gesê dit is ’n “keuse” en “kan nie erken word as objektief georden” volgens God se plan nie.

Luidens die antwoord word die erkenning van huwelike tussen mense van dieselfde geslag nie toegelaat nie aangesien iets wat geseën word, “objektief en positief beveel word volgens God se skeppingsplan”.

Die kantoor hou vol die erkenning van gay huwelike kan nie as wettig beskou word nie.

Die kantoor sê hoewel homoseksuele verhoudings sekerlik “positiewe elemente het”, kan dit steeds nie ’n wettige verbintenis wees nie, aangesien dié positiewe elemente “binne die konteks van ’n huwelik bestaan wat nie volgens die Skepper se plan beveel is nie”.

Die kantoor skryf verder dat hoewel God “nooit ophou om elkeen van sy pelgrimskinders in hierdie wêreld te seën nie … kan Hy nie sonde seën nie”.

Pous Franciskus het die verklaring goedgekeur.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ʼn vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Kommentaar word ná 48 uur op ʼn artikel op Maroela Media gesluit. Kom kuier gerus verder op ʼn meer onlangse artikel.