Kenia-aanval: Studente glo onthoof

Uhuru Kenyatta, president van Kenia, het nog polisiebeamptes na die universiteit ontplooi. Foto: Facebook

Uhuru Kenyatta, president van Kenia, het nog polisiebeamptes na die universiteit ontplooi. Foto: Facebook

Talle studente is glo tydens Donderdag se aanval op die Garissa University College in Kenia onthoof.

Winnie Njeri, een van die studente wat daarin kon slaag om te ontsnap, het aan News24 gesê sy het onthoofde lyke gesien toe sy deur Kenia-veiligheidsmagte gered is. Die aanval is volgens berigte steeds aan die gang met geweerskote wat van die universiteit se koshuisgronde gehoor kan word.

Omar Ibrahim, ook ʼn student by die universiteit, het gesê daar is talle lyke wat erg geskend is deur die aanvallers. Volgens berigte kan die dodetal aansienlik styg aangesien die aanvallers toegeslaan het terwyl talle studente in die koshuise nog geslaap het.

Volgens amptelike bronne is minstens 20 mense reeds in die aanval dood. Beamptes van die Rooikruis in Kenia beweer egter daar is reeds minstens 60 lyke. Daar was glo meer as 700 studente by die universiteit tydens die aanval.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.