Kenia-aanval: Vyf vas

Foto: Yassin Juma/Facebook

Foto: Yassin Juma/Facebook

Vyf verdagtes is in hegtenis geneem in verband met Donderdag se aanval op die Garissa University College in Kenia. Minstens 147 mense is in dié aanval dood.

Kenia se departement van binnelandse sake het bevestig dat een van die gewapende aanvallers aangekeer is toe hy ná die aanval probeer vlug het. Mwenda Njoka, woordvoerder van die departement, het aan die nuusagentskap DPA gesê nog vier vermeende aanvallers is aangekeer. Drie van die vier is aangekeer terwyl hulle glo na Somalië probeer vlug het.

ʼn Groep gewapende aanvallers van die militantegroep Al-Shabaab het Donderdag die kampus bestorm en Christen-studente doodgeskiet. Veiligheidsmagte het die aanvallers in een van die koshuise vasgekeer waarna vier aanvallers glo hulself opgeblaas het.

Die aanval het die lewens van 142 studente, drie veiligheidsbeamptes en twee personeellede van die universiteit geëis. Minstens 104 mense is beseer, waaronder 19 kritiek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.