Kenia verbrand wêreld se grootste stapel ivoor

Die ivoor staan gereed om aan die brand gesteek te word (Foto: Kenya Wildlife Service)

Die ivoor staan gereed om aan die brand gesteek te word (Foto: Kenya Wildlife Service)

Kenia se president het Saterdag die wêreld se grootste voorraad ivoor en renosterhorings aan die brand gesteek as ʼn teken dat dié land nie stropery sal duld nie.

President Uhuru Kenyatta is bygestaan deur Ali Bongo Ondimba, president van Gaboen, adjunkpresident William Ruto en ander afgevaardigdes, toe 105 ton ivoor en 1,35 ton renosterhoring ter waarde van ongeveer 15 miljard Kenia Sjielings (ongeveer R2 miljard) by Nairobi- nasionale park aan die brand gesteek is.

Kenyatta, wat ook vergesel is deur sy vrou, Margaret, het ʼn beroep gedoen op ander nasies om by Kenia aan te sluit in ʼn direkte aanval op die handel in ivoor en ander natuurtrofees. “Ivoor behoort aan ons olifante. Daar sal nie ʼn mark daarvoor wees nie,” het hy gesê en ʼn algehele verbod op enige vorm van ivoorhandel geëis.

Kenyatta het aan persone, wat gekant was teen Kenia se verbranding van die ivoor en renosterhoring, gesê ivoor is vir hulle waardeloos indien dit nie op ʼn olifant is nie. “Ek sal eerder wag vir die oordeel van toekomstige generasies, en ek seker is hulle sal die optrede wat ons geneem het, waardeer.”

Nadat Kenyatta die stapel aan die brand gesteek het, wat volgens kenners glo ʼn paar dae lank sal voortbrand voor al die ivoor en renosterhoring vernietig is, aangekondig dat die hekke van die Nairobi-wildtuin oopgemaak sal word vir kinders jonger as 17. Die jeug kan verniet die park besoek en self sien hoe die stapel ivoor brand, die grootste stapel wat nog ooit deur enige regering in die wêreld aan die brand gesteek is.

Sommige kritici voer aan Kenia kon eerder die onwettige ivoorvoorraad verkoop het en die geld vir ander gebruike aangewend het.

Senior verteenwoordigers van ander lande, waaronder Frankryk en Amerika, het ook die geleentheid bygewoon. Dié verteenwoordigers het onderskeidelik boodskappe van ondersteuning van pres. Francois Hollande en pres. Barack Obama voorgehou.

Kenia was die eerste land wat ooit ivoor verbrand het, toe voormalige pres. Daniel arap Moi onwettige voorraad in 1989 aan die brand gesteek het. Talle ander lande het intussen dié voorbeeld gevolg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Knapie ·

Dalk verstaan ek die meganisme van vraag en aanbod verkeerd, maar:

Solank as wat ivoor en renosterhoring “skaars komoditeite” is, sal daar diegene wees wat groot geld sal betaal vir die “status simbool”. Solank as wat die geld dit die moeite werd maak, sal daar diegene wees wat enige misdaad sal pleeg om van die items in die hande te kry vir herverkoop.

Die enigste manier om verminking en dood van olifante/renosters te voorkom is om die handel/smokkel in die produkte nie-winsgewind te maak.

Deur die aanbod te verminder het ‘n mens presies die teenoorgestelde uitwerking.

MissDemeanor ·

Knapie, ek hoor jou, maar dit sal net tydelik werk. As hul daai hoop ivoor sou verkoop en so kunsmatig die prys afbring sal onwettige jag en verkoop van ivoor wel tydelik nie meer wisgewend wees nie. Maar sodra daardie hoop ivoor amper op is dan begin die probleem weer van voor af, en die regering kan net sulke ivoor verkoop wat gekonfiskeer is. Dit vat dekades om so ‘n “stockpile” op te bou. En dit doen niks aan mense se hebsugtige drang om ivoor te besit nie. Dit maak dit tydelik bekostigbaar, en meer mense sal later dalk nig wil he. Die boodskap moet wees dat dit vieslik is om ivoor te besit. Dat ivoor slegs iets werd is as dit op ‘n lewindige olifant is. Die idiaal is om dit so moeilik as moontlik te maak om ‘n olifant of renoster te skiet. En verder moet dit onmoontlik gemaak word om ivoor te verkoop. Deur die publiek se persepsie te verander oor die “status simboliek” gekoppel aan ivoor te verander. Mense moet dit nie WIL koop nie.

Justa ·

JB ek stem 100% saam met jou. Die probleem is net alles in hierdie land word deur die Chinese vervaardig en dis van die swakste kwaliteit. Ek wil hulle boikot maar dan sal jy niks kan koop nie.

MissDemeanor ·

Ons KAN hul boikot en ons eie ekonomie verbeter. As verbruikers het ons eintlik meer mag as wst ons dink. As jy koek wil koop vir jou kind se verjaarsdag, gaan vra ‘n tannie in die buurt om te bak/ gaan na ‘n tuisnywerheid, nie na ‘n supermark nie. As jy meubels koop, soek ‘n ou omie wat houtwerk kan doen… Moenie cheap chinashop klere koop vir jou familie nie. Laat weet die winkel se bestuur dat jy graag produkte wil koop wat in SA gemaak is. As ‘n paar van ons saamstaan kan ons dit doen. Net soos met ivoor handel is dit “supply en demand”… Eintlik moet mens dink “demand and supply”, ons moet kies wat ons wil koop en ons moet handelaars laat weet ons soek produkte wat op ‘n etiese manier op eie bodem gemaak is.

Koos ·

Korrek, vraag en aanbod. Enigste manier om stropery te verminder is om handel in ivoor en renosterhoribg te wettig en sodoende die die “geelwortel” te verwyder. Kenia sou die olifante en renosters beter gehelp het deur hierdie op die “mark” te “dump”. Enige iets wat onwettig is sal altyd sekere mense aanlok om wet te oortree.

MissDemeanor ·

Ek dink nie so nie Koos. Kyk as hul daai ivoor goedkoop sou verkoop sal elke Jan Rap en sy maat, en ekself daarvan koop. Mense wat voorheen nooit so belang stel nie, want dit is mos nou ‘n goeie belegging. Sodra daardie surplus op die mark verkoop is, dan styg die prys weer. En mense is mos maar gulsige diere. Ons hou van “luxury goods” en party van ons sal NOG wil he want dis mos nou soos ‘n “designer handbag”. Om die mark te oorspoel met goedkoop ivoor gaan die prys tydelik afbring, onwettige handel tydelik stop en dan later die vraag na meer miskien selfs aanmoedig.

Johann Marx ·

Die tragies hoe hierdie land en sy regering spog met hulle aksies om die “ivoor en renosterhoring handel” te knou…..maar nêrens lees mens wat hulle gedoen het om te VOORKOM dat hierdie hoeveelheid ivoor in die eerste plek gestroop is nie? Waar is die grootste afset gebied vir ivoor? Hoekom word so ‘n land nie met sanksies lam gelê totdat hulle regerings OOK die handel in ivoor opskort nie?

E ·

Ek is ook gekant teen ivoor handel, maar om 2 miljard te brand?

Marius ·

Sinneloos. Kon dit in ‘n museum gesit het om mense se attensie te vestig op die vernietiging van hul erfenis.

Andries Erwee ·

Ivoor en renosterhoring is twee heel verskillende produkte. Renosterhoring is hernubaar soos wol en is “medisyne”. Ivoor is iets wat net waarde het as dit prestige het. Die verbranding in 1989 en cites se verbod het die slagting gestop. Toe laat cites toe dat SA en Botswana hul voorraad verkoop en skielik was die waaarde en die slagting terug.

Akram ·

Genugtig dit is n kleinhuisie vol ivoor. Ek sit met gemengde gevoelens. Indien die handel in ivoor gewettig word, sal dit werklik die prys afbring? die wettige handel is juis die ding. wie gaan olifante jag en wat gaan die prys wees om n olifant te jag? dit is juis die geldmaak issue wat ter sprake is op die jag.veronderstel die prys van n olifant beloop US$ 5000. Wat se onkoste moet ek aangaan net om hom te skiet? wat verkoop ek die ivoor voor? onthou ek moet my kostes dek en n wins maak. Dit is waar die poachers score, dalk net medisyne om die senuwees klam te hou en hoop om nie gevang te word nie. Ek is tengunste van die oes van renosterhorings. Ek glo vas dat die medisinale eienskappe van n renoster horing pure bog is. Maar die vraag is daar, so elke paar jaar as die horing gegroei het, doen n manikuur en die renoter bly leef. die rede hoekom die pryse so geweldig is, is omadat die diere al minder word en die horings gaan ook al minder word. Oes en behou die getalle. met olifante kan die ivoor nie eintlik ge oes word nie, dus n probleem. daar is reeds gepoog, en blykbaar met sukses, n kuns renoterhoring gekweek. heeltemal chemies maar met die selfde samestelling as die werklike ene. en wat van die ietermagog wat ook op grootskaal uitgeroei word.

Akram ·

Botswana het n olifant gemaak met van die ivoor wat beslag gele is op. dit staan by die Nasionale Lughawe in Gaberones.

Piet Piper ·

Verbrand en Vernietig….Viva Afrika.
Nou gaan Ivoor se prys Skyrocket . Waarom dit verbrand ?
Hulle sou beter gedoen het om die hele wereld se media te kontak en fotos van hierdie barbaristiese strooptogte van Olifante aan die groot klok te hang. Vandaar die Ivoor na hul Museums………maar, sou dit veilig wees om in ‘n museum tentoon te stel….???….in Afrika. Eerder na die Smithsonion Institute sal ek voorstel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.