Keniaanse kusdorp aangeval; minstens 48 dood

Foto: Kenia Rooikruis/Twitter

Foto: Kenia Rooikruis/Twitter

Minstens 48 mense is dood nadat vermeende Al-Sjabaab-rebelle op die Keniaanse kusdorp Mpeketoni toegesak het.

“Die dodetal het tot 48 gestyg,” het die Rooikruis in Kenia gesê. Tientalle swaar gewapende aanvallers het Sondagaand op die dorp toegesak. Hulle het die polisiestasie aangeval, twee hotelle aan die brand gesteek en in die strate losgebrand.

Die aanval het glo tot in die vroeë oggendure aangehou. Die aanval word voor die deur van Al-Sjabaab, wat glo bande het met Al-Kaïda, gelê. Volgens berigte het inwoners na wedstryde van die Sokkerwêreldbeker by hotelle gekyk toe die gewapende mans toegeslaan het.

Die rebelle het glo mans eenkant toe gevat en die vroue gedwing om te kyk hoe hulle doodgeskiet word. Die aanvallers het glo aan die vroue gesê dit is wat Keniaanse troepe doen aan mans in Somalië. Mpeketoni is sowat 100km ver geleë van die Somaliese grens.

Kenia het die afgelope maande deurgeloop onder aanvalle. Al-Sjbabaab het beloof om voort te gaan met aanvalle in weerwraak van die Keniaanse weermag se teenwoordigheid in Somalië. Minstens 67 mense is in September dood na gewapende rebelle ‘n winkelsentrum in Nairobi binnegestorm en op mense losgebrand het. – Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.