Kenners ondersoek vlugopnemer ná vliegtuig val

‘n Foto van een van die vlugopnemers wat die BEA op 14 Maart 2019 op sy Twitter-rekening gedeel het (Foto: BEA via AP)

Kenners in Parys, Frankryk, het met tegniese werk begin op die vlugopnemer van die Ethiopian Airlines-vliegtuig wat kort ná dit opgestyg het, neergestort het.

BEA, Frankryk se burgerlike lugvaartowerheid wat vliegtuigongelukke ondersoek, het Saterdag namens die Ethiopiese ondersoekspan gesê analise van die vlugopnemer duur ook voort. BEA se span in Parys het Vrydag met sy ondersoek begin ná die vlugopnemers (“swartbokse”) opgedaag het.

Die Ethiopiese owerhede het die BEA se bystand versoek om die twee vlugopnemers (vlugdataopnemer en stemopnemer van die kajuit) te analiseer. Ethiopiese beamptes het vroeër aangedui hulle het nie die kapasiteit om dit te analiseer nie.

Die toestand van die vlugopnemers en hoe erg dit tydens die ongeluk beskadig is, sal bepaal hoe lank die analise sal duur.

Die relatief nuwe Boeing 737 Max 8 van Ethiopian Airlines het vandeesweek neergestort kort ná dit opgestyg het. Al 157 persone aan boord is dood.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Herman P ·

Daai opnemer lyk soos ‘n getrapde koeldrank blikkie. Hoop hulle raak gou iets wys

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.