Kêrel aangekla ná tweejarige ma skiet

Die woonstelblok in Florida, VSA, waar die voorval plaasgevind het. (Foto: Google Street View)

Die polisie in die Amerikaanse deelstaat Florida het ʼn 22-jarige man in hegtenis geneem nadat ʼn jong kind ʼn gelaaide vuurwapen gevind en sy ma per ongeluk doodgeskiet het terwyl sy met ʼn Zoom-oproep vir die werk besig was.

Veondre Avery (22), die oorledene, Shamaya Lynn (21), se kêrel, is die beweerde eienaar van die vuurwapen en word nou aangekla van manslag en die onveilige berging van ʼn vuurwapen, berig CBS.

Maroela Media het in Augustus berig Lynn se kollegas het die paramedici ontbied toe sy tydens die Zoom-oproep agteroorgeval en nie weer op die skerm verskyn het nie. Volgens die ondersoekbeampte was die gelaaide vuurwapen nie behoorlik versteek toe een van Lynn se kinders daarop afgekom het nie.

Die polisie sê nou die vuurwapen was in ʼn rugsak met prente uit die tekenprent Paw Patrol daarop, versteek. Lynn se tweejarige kind het op die rugsak in die paar se slaapkamer afgekom, die vuurwapen uitgehaal en ʼn skoot afgevuur.

Avery was besig om Lynn te probeer bybring toe polisie en paramedici op die toneel aankom, maar sy is later op die toneel dood verklaar.

Nie een van Lynn se twee kinders is beseer nie en is in die sorg van familielede geplaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Elinette ·

Dit kom nou van ‘n land waar jy sommer ‘n vuurwapen kan gaan koop by die winkel-op-die-hoek.

pompies ·

Elinette wat is verkeerd daar mee, in SA kry jy wapens by die polisie stasie se agter deur vir n paar rand.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.