Kerk onttrek uit Antarktika

Foto: stuff.co.nz

Foto: stuff.co.nz

Die National Science-stigting wat ook die Amerikaanse Antarktika-program finansier, het gevra dat die Nieu-Seelandse biskoplike gebied sy skakel na Antarktika sluit as gevolg van baie swak bywoning van gemeentelede.

ʼn Protestantse kapelaan van die Amerikaanse weermag en ʼn Katolieke priester wat reeds 57 jaar lank tydens somermaande in Antarktika gevestig is, is nou onttrek.

Vader Dan Doyle, wat reeds 40 jaar in Antarktika werk, sê dat die gemeentelede van Chapel of the Snows oor die jare al minder dienste bywoon.

Die kontinent se somermaand-bevolking het ook sterk begin daal as gevolg van Amerika se begrotingsbesnoeiings, wat beteken dat minder wetenskaplikes Antarktika toe gestuur word.

Die Katolieke kerk het dienste, berading en ondersteuning aan tot 2 000 mense gegee wat in McMurdo en Amundsen-Scott gevestig is.

Volgens Doyle het tegnologie ook ʼn invloed in die afname van kerkbywoning. Mense voel nie meer so geïsoleerd nie, want hulle kan nou maklik met ander deur e-pos en internet kommunikeer.

Die Kerk voel jammer en hartseer om ná soveel jare te onttrek en meen dat dit ʼn ongelooflike belewenis was.

McMurdo-stasie sal steeds ʼn militêre kapelaan hê om ondersteuning te bied waar nodig.

Besoek gerus stuff.co.nz vir die volledige berig.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

jacques ·

Min mense dan maak hulle maar sommer toe,seker nog geld nodig vir bomme.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.